On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agriculture

Jong boer van Ermelo se boerepatent kry nuwe hupstoot

───   KAREN VAN DER BERG 15:11 Tue, 19 Mar 2024

Jong boer van Ermelo se boerepatent kry nuwe hupstoot | News Article
David de Wet is as nuwe vennoot van Agri-Alert aangewys. Foto verskaf

“Agri-Alert het David ontdek deur die Boerepatente-kompetisie en besluit dat daar ’n gaping is vir jong innoverende boere, soos David, om hul idees met die res van ons te deel.”

’n Jong plaasseun van Ermelo is die eerste vennoot in ’n nuwe projek waarin jong boere bemagtig word in entrepreneurservaring om hulle die nodige ondersteuning te bied om hulle onderneming op die been te bring.

David de Wet (11) is Dinsdag (19/03) op ’n Beesdag op Ermelo aangewys as die Agri-Alert-vennoot met sy boerepatent, die Hekmeester.

David de Wet se Hekmeester. Foto verskaf

Hy is reeds verlede jaar op Nampopark as die wenner van Landbouweekblad, Omnia en Graan SA se se Boereplankompetisie aangewys.

Amy de Wet, woordvoerder van Agri-Alert, sê hulle is opgewonde om die projek Cultivate Tomorrow bekend te stel. “Agri-Alert het David ontdek deur die Boerepatente-kompetisie en besluit dat daar ’n gaping is vir jong innoverende boere, soos David, om hul idees met die res van ons te deel.

David de Wet is as nuwe vennoot van Agri-Alert aangewys. Hy het die Hekmeester-patent ontwerp. Foto verskaf

“Ons het die inisiatief gestig om jong boere met entrepreneurservaring te bemagtig en hulle die nodige ondersteuning te bied om hul onderneming lewensvatbaar te maak.”

David sê hy het aan die patent gedink sodat mense op plase nie so moet sukkel om plaashekke (of die bekslaners) oop te maak nie. “Ek was moeg gesukkel om draadhekke oop en toe te maak.”

David de Wet is as nuwe vennoot van Agri-Alert aangewys. Hy het die Hekmeester-patent ontwerp. Foto verskaf

Gewone plaashekke word altyd met iets wat pyn veroorsaak, ingehaak. Sy pa, Ben, en Oupa Ben het hom gehelp om die ontwerp te maak.

Hy is opgewonde oor alles wat al met hom gebeur het ná verlede jaar se Nampo, veral die blootstelling. Hy is ook bly oor die vennootskap met Agri-Alert.

David de Wet staan by sy pa, Ben de Wet (links), en Duvan Papenfus van Agri-Alert. Foto verskaf

David sê hy werk reeds aan ’n paar toekomstige idees en hoop om nog nuwe patente te ontwikkel.

• Hekmeester is reeds in die handel verkrygbaar. David sal ook vanjaar by Nampo wees om sy produk met besoekers te deel.

OFM Nuus/Karen van der Berg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.