On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Agriculture

Ongewone weerpatrone vir komende week verwag

───   ROBYN SCHUTTE 09:30 Mon, 13 May 2024

Ongewone weerpatrone vir komende week verwag | News Article

“Ligte ryp kom normaalweg in die eerste deel van April voor, maar die ongewone hitte het die vorming van ryp beperk.”

Die heersende weerstoestande hou ongewone uitdagings in vir boere landwyd, sê  Johan van der Berg, onafhanklike weerkundige.

Een van die mees opvallende kenmerke van die huidige weer is die aanhoudende hoë temperature, wat ver bo die gemiddelde is vir hierdie tyd van die jaar. Terwyl ligte ryp normaalweg in die eerste deel van April voorkom, het die ongewone hitte die vorming van ryp beperk. 


Sommige dele van die land het selfs daaglikse temperature van oor die 30 °C ervaar, ’n abnormale situasie vir hierdie tyd van die jaar.

In die komende week is daar ’n kans van ligte reën, veral Maandag en Dinsdag. Alhoewel swaar reën nie verwag word nie, kan dit welkome verligting bring vir die droë toestande wat tans heers. Die temperature sal na verwagting ook ’n bietjie afkoel, met dagtemperature wat nader aan 25 °C sal wees. Terwyl die nagte redelik koel sal wees, is daar nie vooruitsigte vir swaar ryp nie.


Van der Berg waarsku egter oor die moontlikheid van koue toestande wat eers in die tweede helfte van Junie verwag word. Dit kan ’n risiko wees vir boere, veral met die skerp daling in nagtemperature wat eers later in die winter voorspel word. Hierdie kouegrepe (cold snaps) kan ’n uitdaging vir boere vorm en moet ernstig opgeneem word.

Hoewel daar ’n algemene tendens is na warmer as normale winterweer, is die voorspelling van koue toestande ’n herinnering dat die weer onvoorspelbaar kan wees. Boere word aangemoedig om waaksaam te bly en voorbereid te wees vir enige uitdagings wat die weer mag bring.

OFM Nuus/Robyn Schutte cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.