On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Nuwe digitale platform vir insetaankope bekend gestel

───   05:00 Mon, 20 May 2024

Nuwe digitale platform vir insetaankope bekend gestel | News Article
Gerhard Kriel, uitvoerende hoof van Agri Besigheidsnetwerk. Foto: OFM

Verskeie uitstallers het gedurende NAMPO Oesdag nuwe produkte en dienste bekend gestel.

AgRetail is ’n gratis digitale platform waardeur produsente insetaankope kan doen.

Deur die FutureFarm-web- en mobiele toepassing te gebruik, geniet AgRetail-lede die gerief om pryse te vergelyk en kommoditeitsinsette te koop met die druk van ’n knoppie.

Gerhard Kriel, uitvoerende hoof van Agri Besigheidsnetwerk, sê die hoofrede vir die vennootskap met FutureFarm is die ‘Collective Deals’-funksie, wat boere in staat stel om aan te sluit by die vraag na sleutel seisoenale kommoditeitsinsette om groepafslag te genereer.

“Die model lewer reeds besparings van 5-10% op kunsmis- en agchem-produkte in die VK, en hierdie besparings word aan boere en hul winspunte teruggegee. Ons is baie opgewonde om ons eie aanbiedings in Suid-Afrika bekend te stel en om die koöperatiewe beweging in die digitale sfeer te herbou.”

AgRetail is gratis en het ’n beperkte aantal lidmaatskappe beskikbaar tydens die beginfase van die onderneming.

OFM Agri

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.