On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Produsente in Noordwes bekommerd oor winterweiding

───   ELZETTE BOUCHER 05:00 Tue, 21 May 2024

Produsente in Noordwes bekommerd oor winterweiding | News Article
Foto: ProAgri

Produsente in Noordwes is bekommerd oor die toestand van winterweiding.

Die rooivleisbedryf is ’n groot ekonomiese drywer in Noordwes en minder gunstige weidingstoestande kan vanjaar ’n demper op produksie plaas. Naudé Pienaar, adjunk-hoofbestuurder van Agri Noordwes, sê daar was vir ’n geruime tyd nie voldoene reën in die groeiseisoen nie en dat dit ’n lang, moeilike winter gaan wees.

“Ons kry reeds baie navrae van mense wat voer soek en voer wil hê. Ons is baie bekommerd. In die verlede kon ons op ander plekke voer kry, maar selfs daar gaan dinge redelik swaar.”

Die Manna vir die Boere-projek, wat bestaan uit Agri Noordwes, AfriForum, Caring Daisies, Saai, TLU-Noord, het in die verlede bystand gelewer en skenkings sal baie waardeer word om weer die nood te help verlig.

“As daar iemand is wat vir ons kan help, sal dit baie goed wees om een van hierdie organisasies of selfs Agri Noordwes te kontak.” Pienaar verduidelik die koördinering tussen hierdie groepe is baie goed en daar word rekenskap van elke sent gegee en gesorg dat die hulp by die regte mense uitkom.

Naudé Pienaar en Boeta du Toit van Agri Noordwes by hul kantoor op Lichtenburg. Foto verskaf

“Nie een van die organisasies gebruik enige van daardie geld vir eie administrasie of vir eie koste nie. Elkeen van ons wat aan hierdie Manna vir die Boere projek werk, doen dit op ons eie. Ons word nie vergoed daarvoor nie.”

Boeta du Toit, Agri Noordwes en Noordwes RPO hoofbestuurder, waarsku teen die gevaar van veldbrande in hierdie tyd.

“Al is die weiding skaars, is veldbrande ’n baie groot bedreiging. So gereedheid om brande te bestry en ondersteuning tussen verskillende groepe en al die maatreëls wat getref moet word, is ook vir ons baie belangrik om die situasie te probeer stabiliseer dat dit nie ook nog ’n rol speel nie.”

OFM Agri dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.