On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Tydsberekening van titelakte-toekenning bevraagteken

───   08:51 Mon, 27 May 2024

Tydsberekening van titelakte-toekenning bevraagteken | News Article
Dr. Theo de Jager. Foto: Farmers Review Africa

“Die 100 titelaktes wat met die oog op die verkiesing oorgedra word, verteenwoordig nie ’n fraksie van die verwagting wat die minister in Desember geskep het nie.”

Die tydsberekening van die toekenning van titelaktes aan boere wat landbougrond by die regering huur, het ’n paar wenkbroue laat lig.

Landbou-organisasie, Saai, meen titelaktes op plase is die kragtigste welvaartskepper in landbou, en lê aan die basis van voedselsekerheid, beleggersvertroue en die landboufinansieringstelsel wat in suidelike Afrika geken word.

“Die 100 titelaktes van herverdelingsplase wat landbouminister Thoko Didiza Vrydag (24/5) aan begunstigdes oorhandig het, sou ’n belangrike stap in die regte rigting gewees het as dit nie so opsigtelik as ’n politieke slenter kort voor die verkiesing misbruik is nie,” sê direksievoorsitter, dr. Theo de Jager.

Hy noem verder dat begunstigdes wat suksesvol boer in areas soos die Karoo-, Transkei- en Gert Sibanda-distrikte deur politiek-gekonnekteerde kaders vervang word sonder dat lewensvatbare alternatiewe grond aan hulle beskikbaar gestel word.


“Ten spyte van die minister se besoek aan die probleemgebiede, gesprekke oor die oorsaak en oorsprong van die probleem, en haar beloftes om dit aan te spreek, gaan plaaslike grondsake-amptenare onverpoosd aan met die korrupte en nepotistiese toekenning van herverdelingsgronde, asof die minister se ondernemings geen implikasies het nie.”

De Jager voer aan die 100 titelaktes wat met die oog op die verkiesing oorgedra word, “verteenwoordig nie ’n fraksie van die verwagting wat die minister in Desember geskep het nie”.

Duisende huurders, wat sedert 2007 al op staatsgrond boer, het blykbaar ondernemings van die minister gekry dat dat hulle vroeg in 2024 eienaarskap van hulle plase sou kry.

“Saai is gereed om ná die verkiesing die druk op die minister te verhoog om meer titelaktes vinniger oor te dra.”

OFM Agri cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.