Agriculture
Beesboere: Wen 'n reis na Mauritius!─── 10:07 Tue, 04 Jun 2024
Sponsored10:07 Tue, 04 Jun 2024
Sparta Beef het ‘n opwindende kompetisie vir beesboere van stapel gestuur.
OFM Agri se Robyn Schutte gesels met Charles Mathewson oor die Sparta Kalfklub en die kompetisie. Luister hier:
Sparta is ‘n vertikaal geintegreerde familie besigheid en het die kapasiteit om jaarliks ongeveer 250 000 beeste te slag. Sparta is al sedert die 1800’s boere in die Vrystaat. Hulle het hul besigheid gebou deur langdure vennootskappe te vorm met hul belangrikste verskaffers, die beesboere.
Suid-Afrika, en veral die Vrystaat, het wêreldklas beesboere en Sparta wil soveel as moontlik van hierdie uitstekende genetika direk by die beesboer aankoop. Om die reis te kan wen, moet die beesboer kwalifiseer vir die eksklusiewe Sparta Kalf Klub. Die reis is vir twee mense na Mauritius, vliegkaartjies en verblyf ingesluit! Hoe kan 'n beesboer kwalifiseer om lid te word? Jy moet in die 2024 kalender jaar ten minste 100 puik gehalte kalwers direk aan Sparta lewer om vir die gelukstrekking in aanmerking te kom.
Vir verdere inligting gaan na die nuusblad by Sparta.co.za.
