On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Jeug deel hul hoop vir landbou in Suid-Afrika

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Tue, 11 Jun 2024

Jeug deel hul hoop vir landbou in Suid-Afrika | News Article
Twee Graad 10-leerlinge aan Hoërskool Witteberg in Bethlehem,Jacques van der Merwe en Lucille Snyman, saam hul onderwyseres, Me. Cari van den Berg. Foto: Verskaf

Jeugdiges hoop vir ’n volhoubare toekoms in die Suid-Afrikaanse landbousektor. Hulle beklemtoon die waarde van praktiese ondervinding en hoop vir ’n vooruitstrewende en volhoubare landbousektor.

Twee Graad 10-leerlinge aan Hoërskool Witteberg in Bethlehem, Lucille Snyman en Jacques van der Merwe, deel hul ervarings en toekomsdrome vir landbou in Suid-Afrika.

Lucille beskryf haar gunstelingdeel van die landbouopleiding by Hoërskool Witteberg as die praktiese uitstappies. “Ek sal sê my gunsteling deel is definitief om op praktiese uitstappies te gaan en om almal se boerderye te leer ken en te besef wat hulle daar doen en ook net als te kan sien en leer daarvan.” Sy hoop ook vir ’n tegnologies gevorderde en regverdige landbousektor met die nodige regeringsondersteuning.

Jacques het ’n duidelike visie vir die toekoms van landbou in Suid-Afrika. “Ek sal sê hernubare energie en meer landbou-opleiding vir alle leerders regoor Suid-Afrika.”

“Om vrae te vra en om jou kennis te verbeter, dit wat jy op ’n plaas toepas, gaan nie noodwendig by jou buurman werk nie.,”

’n Groep leerders van die Hoërskool Witteberg in die skool se tonnel. Foto verskaf

Die ervarings van Lucille en Jacques illustreer die praktiese waarde van landbou-opleiding by Hoërskool Witteberg en die hoop vir ’n volhoubare toekoms in die Suid-Afrikaanse landbousektor. Hulle sien die belangrikheid van tegnologie, regeringsondersteuning en uitgebreide opleiding om ’n positiewe en regverdige impak te hê op die toekoms van landbou in die land.

OFM/Agriculture cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.