On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Amerika se goeie lopie in graanmarkte duur voort

───   05:00 Wed, 19 Jun 2024

Amerika se goeie lopie in graanmarkte duur voort | News Article
Foto: Thinkstock

“In landbou moet ’n mens egter altyd voorbereid wees op onvoorsiene gebeure in die seisoen.”

Heleen Viljoen, landbou-ekonoom van Graan SA, sê ’n weeklikse verslag deur Amerika se landbouraad toon dat 85% van die Amerikaanse mielies reeds opgekom het – met 74% wat as goed tot uitstekend gegradeer is.  Dit is 'n verbetering teenoor die vorige seisoen se 61% wat aandui dat Amerika ’n baie goeie seisoen kan verwag.

“In Suid-Afrika se somergraanmarkte is daar dikwels ’n teenstrydigheid met Amerika. Wanneer Amerika plant, stroop ons, en wanneer Amerika stroop, plant ons. Amerika se aanplantings het dus ’n groot invloed op ons plaaslike pryse.”

Turkye het ’n verbod op koringinvoer ingestel. Foto: Pixabay

In landbou moet ’n mens egter altyd voorbereid wees op onvoorsiene gebeure in die seisoen. Die afgelope jaar het ons geleer dat die weer onvoorspelbaar is. Daar is ook beleidsbesluite, soos Turkye se onlangse verbod op koringinvoer wat plaaslike produsente kan beskerm, maar terselfdertyd die vryemarkstelsel beïnvloed.

Op die vraag oor toekomstige tendense, stem Viljoen saam dat onbestendigheid die nuwe normaal is. “Een van die faktore wat produsente dalk nie bewus van is nie, is Brasilië se nuwe belastingswette wat die verhandeling in wêreldmarkte negatief kan beïnvloed. Hoewel dit nie noodwendig ’n negatiewe invloed op Suid-Afrika sal hê nie, sal dit uitvoerprogramme van Brasilië duurder maak, wat tonne terug na die Amerikaanse uitvoermarkte kan skuif.”

Met die oog op die volgende seisoen, noem Viljoen produsente is wel bewus van die afgelope droë seisoen en die negatiewe invloed daarvan op produsente.

“Mielie- en sojaboonpryse het die hoogte ingeskiet. Ons moet egter nou uitkyk vir die volgende seisoen se kontrakte. Die Maart 25 kontrakte vir mielies en sojas tussen Maart en Mei wys ’n verskil van R700 per ton tussen die twee maande se pryse. Dit kan aandui dat ons moontlik meer witmielies en sojabone in die komende seisoen gaan plant," sê sy..

OFM Agri dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.