On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Werk jy veilig met litiumioonbatterye?

───   06:00 Tue, 18 Jun 2024

Werk jy veilig met litiumioonbatterye? | News Article
Foto: Pixabay

Het jy ’n sonkragstelsel op jou plaas, hetsy vir gebruik in die boerdery of tuis? Lees hier oor noodsaaklike veiligheidsmaatreëls.

Brande wat as gevolg van litiumioonbatterye en sonpaneelstelsels ontstaan, neem wêreldwyd toe. Tarien Cooks, rampbestuurspesialis by AfriForum, meen veiligheidsregulasies en -standaarde word nie vinnig genoeg aangepas om verbruikers genoegsaam toe te rus soos wat tegnologie ontwikkel nie.

Die organisasie het nou riglyne saamgestel oor hoe om gereed te wees indien ’n brand van so aard sou ontstaan. Hierdie gidse sluit inligting oor voorsorgmaatreëls en wat om tydens só brand te doen en nie te doen nie.

Die wenke sluit onder meer die volgende in:

  • Moenie litiumioonbatterye aan uiterste temperature blootstel nie.
  • Maak seker dat ’n Klas B-brandblusser naby die battery geïnstalleer is.
  • Doen gereelde inspeksies en instandhouding op jou sonpaneelstelsel.
  • Maak seker dat jou sonpanele en litiumioonbatterye geïnstalleer word deur gekwalifiseerde, professionele persone wat plaaslike bouvoorskrifte en veiligheidsregulasies volg.

Cooks sê namate die installering van sonpaneelstelsels en litiumioonbatterye toegeneem het, het die risiko’s rondom dit ook toegeneem.  “Indien hierdie batterye oorverhit of nie reg geïnstalleer is nie begin dit brand. Hierdie batterye moet nie net op enige plek in jou huis staan nie, die ideaal is dat dit in ’n aparte kamer met ’n brandalarm geïnstalleer moet wees waar die brand geïsoleer kan word indien dit nodig is.”

“Tydens ’n brand ontplof hierdie batterye wat daartoe lei dat die vuur vinniger versprei. Hierdie vure brand verskriklik warm en gee ook toksiese gasse af en daarom moet mense ingelig wees oor veiligheidsmaatreëls wat hiermee verband hou,” sluit Cooks af.

OFM Agri

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.