On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

TLU SA loods Handves vir Beskerming van Privaat Eiendomsreg

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Tue, 30 Jul 2024

TLU SA loods Handves vir Beskerming van Privaat Eiendomsreg | News Article
Foto: Getty Images

“Suid-Afrika se landbousektor, wat eens bekend gestaan het as die kosmandjie van die Afrika-kontinent, het oor die afgelope drie dekades agteruitgegaan.”

Woensdag (24/7) het TLU SA die Handves vir die Beskerming van Privaat Eiendomsreg in Pretoria onderteken en bekendgestel. Hierdie gebeurtenis vind plaas op ‘n kritieke tydstip in Suid-Afrika se politieke en ekonomiese geskiedenis en bied ‘n vaste standpunt teen sosialistiese retoriek en rasgedrewe wetgewing wat die ekonomie en landbousektor ernstig benadeel het.

Suid-Afrika se landbousektor, wat eens bekend gestaan het as die kosmandjie van die Afrika-kontinent, het oor die afgelope drie dekades agteruitgegaan. TLU SA se bekendstelling van die handves dien as ‘n teenvoeter teen die mislukkings van sosialistiese beleide wat lande soos Zimbabwe en Venezuela tot armoede gedryf het.

“Ons doen ‘n beroep op waardes wat internasionaal as vanselfsprekend aanvaar word wat ekonomiese stabiliteit en groei oor eeue bevorder het en wat in talle internasionale konvensies as basis vir die beskerming van burgerregte neerslag gevind het,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. Hy benadruk die belangrikheid van privaat eiendomsreg as die basis vir ekonomiese groei en welvaart.


Die handves, wat uit 19 artikels bestaan verbind TLU SA en sy bondgenote tot die teenwerking van ideologies-gedrewe herverdeling van eiendom en die bevordering van vryemark ekonomiese beginsels ten bate van alle Suid-Afrikaners. Dit is ’n oproep tot ‘n verenigde front omprivaat eiendomsreg te beskerm wat noodsaaklik is vir die uitoefening van ander burgerregte soos menswaardigheid, godsdiensvryheid, en handelsvryheid.

Van Zyl het ook die belangrikheid van ekonomiese groei en vertroue in die beskerming van privaat eiendomsreg beklemtoon. “Ons kan nie Suid-Afrika vorentoe neem as ons heeltyd die land degenereer nie. Ekonomiese groei is noodsaaklik en dit beteken dat die regte beginsels neergesit moet word.”

‘Ondersteun belangrike beginsels vir sukses van Suid-Afrika’

TLU SA vra individue en sosiale instellings om saam te staan teen enige ingrepe op privaat eiendom en om alle grondwetlike en ander meganismes te gebruik om die ontneming of beperking van privaat eiendomsreg teen te staan.

Hierdie handves is reeds versprei na die ad hoc-groep vir die beskerming van eiendomsreg, wat uit 55 organisasies bestaan. Die media en die publiek word gevra om hierdie beginsel van privaat eiendomsreg sterk uit te dra en ander belangrike beginsels vir die sukses van Suid-Afrika te ondersteun.

OFM Agri/Robyn Schutte dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.