On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

‘Praat ’n Bietjie Boer’ se Saunderson bekroon as Klimaatslim Ambassadeur

───   09:02 Fri, 16 Aug 2024

‘Praat ’n Bietjie Boer’ se Saunderson bekroon as Klimaatslim Ambassadeur | News Article
Charl Saunderson. Foto verskaf

Hy volg in die voetspore van vorige wenners, ook vanuit die Noord-Kaap.

In die derde aflewering van Plaas Media se Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek is Charl Saunderson, bekende stem op die OFM Agri Uur, bekroon as die wenner vir 2024.

Volgens die organiseerders het hierdie projek, wat in samewerking met dr. Louis du Pisani aangebied word, ten doel om erkenning te gee aan veeprodusente wat klimaatslim boerderypraktyke toepas.

‘Hierdie produsente word gekenmerk deur hul bereidwilligheid om hul kennis en ervaring met ander te deel’

Saunderson, ’n boer van Kenhardt in die Noord-Kaap, is bekend vir sy Dorperstoet en sy aktiewe rol in die landbousektor.

Hy volg in die voetspore van vorige wenners, James Faber van Barkly-Wes (2022) en Piet Roux van Prieska (2023), wat ook uitblinkers in klimaatslim-boerdery is. “Hierdie produsente word gekenmerk deur hul bereidwilligheid om hul kennis en ervaring met ander te deel om sodoende die landbougemeenskap in Suid-Afrika te verryk.”


Soos in vorige jare, het deelnemers ’n omvattende vraelys voltooi wat hul boerderypraktyke vanuit ses verskillende hoeke evalueer. Dr. Du Pisani het elk van die drie finaliste besoek om hul praktyke van nader te bestudeer en die akkuraatheid van hul antwoorde te verifieer. Die finaliste vir 2024 was Charl Saunderson, Paul Collett van Cradock, en Hendrik Odendaal van Standerton.

Saunderson is nie net ’n suksesvolle boer nie, maar ook ’n bekende figuur in die landbousektor. Hy dien as die ondervoorsitter van die Noord-Kaapse tak van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) en is die gasheer van die radio-insetsel “Boer dat dit bars met Charl Saunderson” op OFM. Sy betrokkenheid strek verder as die plaaslike vlak, met ’n nasionale en selfs internasionale invloed in die landboubedryf.

‘Hoogtepunt van projek is jaarlikse boeredag wat op wenner se plaas gehou word’

Die hoogtepunt van die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek is die jaarlikse boeredag wat op die wenner se plaas gehou word. Hierdie boeredag is ’n geleentheid vir ander veeprodusente om praktiese kennis op te doen oor klimaatslim-boerderypraktyke.

Saunderson sal tydens die 2024-boeredag sy ervaring en insigte deel, terwyl dr. Du Pisani en ander kundiges verdere inligting sal verskaf. Die projek se borge sal ook belangrike temas bespreek wat verband hou met klimaatslim-boerdery. Die presiese datum vir die boeredag sal binnekort aangekondig word, en veeprodusente en ander belangstellendes word aangemoedig om hierdie waardevolle leerervaring by te woon.

OFM Agri cg


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.