On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Voerskenking op pad na Noord-Kaapse boere

───   10:47 Tue, 27 Aug 2024

Voerskenking op pad na Noord-Kaapse boere | News Article
“As ons die voer en vervoer saam bereken, is dit ’n miljoen rand wat Winterstorm uit hulle sak gee vir boere in nood.” Foto: Facebook/Bring Hoop

“Dit is die grootste skenking wat ek nog in al my jare van liefdadigheid ontvang het van een maatskappy af.”

’n Konvooi van nege vragmotors het vanoggend (27/8) vanaf Winterstorm Kuilvoer op Lichtenburg, Noordwes, weggetrek om môre (28/8) bystand aan sowat 50 boere in die Kenhardt en Brandvleidistrik in die Noord-Kaap te bied.

Chris van Beljon, verteenwoordiger van Bring Hoop NPC, het sy opgewondenheid asook dank uitgespreek oor die groot hulpverlening wat gaan plaasvind met die vragmotors vol kuilvoer wat deur Winterstorm Kuilvoer geskenk is.

“Die droogte het agt jaar aangehou en so drie jaar terug was daar lekker reën, maar daarna het die reën weer weggebly. Hulle kon nooit weer hulle kudde opbou nie en probeer nog steeds om daardie verliese in te haal.”

Hy het ook verwys na die impak van die koue wintermaande. “Baie diere is dood omdat hulle te swak was om deur die koue te kom. Dit is hoekom ons steeds probeer om verligting te bring en die diere aan die lewe te hou.”

Winterstorm Kuilvoer se bydrae het ’n groot verskil gemaak. “Ons is regtig so dankbaar. As ons die voer en vervoer saam bereken, is dit ’n miljoen rand wat Winterstorm uit hulle sak gee vir boere in nood. Dit is die grootste skenking wat ek nog in al my jare van liefdadigheid ontvang het van een maatskappy af.”

OFM Agri cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.