On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Waarskuwing teen plan om sonkraggebruikers te ‘straf’

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Wed, 13 Nov 2024

Waarskuwing teen plan om sonkraggebruikers te ‘straf’ | News Article
Die DA veroordeel Eskom se voorgestelde netwerkheffings en beskryf dit as ’n onregverdige stap wat alle verbruikers negatief beïnvloed. Foto: iStock

Die DA het Eskom se voorstel om vaste netwerkheffings te verhoog ten sterkste veroordeel en waarsku dat dit ernstige gevolge vir verbruikers en besighede, insluitend landbouers, kan inhou.

Eskom se voorgestelde verhoogde netwerkheffings word ernstig veroordeel, met die DA wat die energievoorsiener daarvan beskuldig dat hy “verbruikers wil dwing om die koste van Eskom se wanbestuur te dek”.

Volgens Kevin Mileham, die DA se woordvoerder oor energie en elektrisiteit, sal hierdie veranderinge verbruikers en besighede – veral dié wat in sonkrag belê het – swaar tref, aangesien dit hul vaste heffings met soveel as 321% kan verhoog, al gebruik hulle min of geen Eskomvoorsiende-elektrisiteit nie.

“Eskom wil nou hê dat alle verbruikers, selfs dié met alternatiewe energiebronne soos sonkrag, moet betaal vir die vaste kostes soos salarisse en leningsverpligtinge, al is hulle afhanklik van hul eie energiebronne. Dit is totaal onregverdig en is ’n desperate poging om verliese aan te vul wat ontstaan het weens jare se korrupsie en wanbestuur.”


Mileham benadruk dat Eskom se besluit waarskynlik landbouers, wat toenemend afhanklik raak van hernubare energiebronne om hul kostes te verlaag en betroubare energie te verseker, direk gaan raak. “Die DA het aanhoudend druk geplaas vir ’n heroorweging van Suid-Afrika se elektrisiteitsprysbeleid, en ons hoop dat die regering hierdie kwessie vroeg in 2025 ernstig sal aanspreek.”

Hy het ook gewaarsku dat die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) ’n belangrike verantwoordelikheid het om verbruikers te beskerm deur te verseker dat tariewe billik en deursigtig is. Die DA eis dat Nersa Eskom se voorgestelde heffings verwerp en eerder ’n tariefstruktuur ondersteun wat energie-onafhanklikheid en volhoubaarheid bevorder.

OFM Agriculture/Robyn Schutte mvh/cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.