On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Klagte van bedrog in Vrystaatse Landboudepartement ondersoek

───   08:07 Mon, 25 Nov 2024

Klagte van bedrog in Vrystaatse Landboudepartement ondersoek  | News Article
LUR Elzabé Rockman. Foto: Vrystaatse Landboudepartement

Die departement van landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake het onreëlmatige transaksies en onverklaarde fondse geïdentifiseer in verband met die verkryging en lewering van beeste gedurende Mei 2024.

Luidens ’n verklaring van LUR Elzabé Rockman is hierdie voorvalle deur die departement onder die loep geneem nadat voormalige LUR, Saki Mokoena, opdrag gegee het dat ’n ondersoek begin word en nodige stappe gedoen word.

’n Voorlopige interne ondersoek het gelei tot die verwysing van hierdie sake na die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek en die departement se interne oudit-eenheid vir verdere ondersoek. Daarbenewens is ’n kriminele saak geopen wat verband hou met hierdie kwessies. Die departement moedig die publiek aan om enige relevante inligting aan die betrokke owerhede oor te dra.

Rockman, het die belangrikheid beklemtoon dat wetstoepassers en ondersoekprosesse die ruimte gegun word om hul werk te voltooi. “Ons veroordeel enige vorm van bedrog en korrupsie in die openbare sektor ten sterkste. Bedrog en korrupsie ondermyn openbare vertroue, stuit ekonomiese ontwikkeling en belemmer dienslewering aan gemeenskappe. Die departement bly verbind tot ‘skoon regering’, deursigtigheid en aanspreeklikheid.”

Die ondersoeke duur voort, en verdere besonderhede sal aan die publiek bekend gemaak word soos nodig.

OFM Agri cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.