On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Graanpryse daal weens internasionale druk, plaaslike volumes

───   12:31 Wed, 30 Apr 2025

Graanpryse daal weens internasionale druk, plaaslike volumes | News Article
Foto: Getty Images

Graanpryse het aan die begin van die week effens gedaal te midde van internasionale onsekerhede en toenemende plaaslike volumes wat mark toe begin kom.

AMT se dr. Johnny van der Merwe vertel die witmielie-spotprys vir Mei staan tans op R4 655 per ton, terwyl die Julie prys effens hoër verhandel teen R4 384. Geelmielies toon ’n soortgelyke afwaartse neiging, met die spotprys op R4 350 en Julie-pryse op R4 269.

Sojaboonpryse het ook gedaal. Die huidige spotprys is R7 650, met Julie-kontrakte wat laer verhandel op R7 805. Sonneblom en koring volg dieselfde patroon: Sonneblom spot teen R8 850 en Julie teen R9 060, terwyl koring daal na R6 400 met Desemberpryse op R6 250.

Internasionale faktore, soos die voortdurende handelsoorlog tussen die VSA en China, speel ’n toenemend bepalende rol in markbewegings. Die VSA se binnelandse mielievoorraad is laag, maar weersomstandighede verskil steeds tussen die weste en ooste van dié land. Daar is tans beperkte vraag na VSA-mielies buite Japan en Mexiko, wat pryse verder onder druk plaas.

In die sojaboonbedryf is daar voorspellings van kleiner aanplantings in die VSA, en enige verdere versteurings, soos droogte, kan pryse beïnvloed. China se afsny van Amerikaanse sojabooninvoer weens die handelsoorlog het reeds ’n groot impak gehad op dié bedryf.

Plaaslik het die mark vir mielies, sojabone en sonneblom begin daal weens groter volumes wat beskikbaar raak. Alhoewel daar in sekere areas sprake is van kwaliteitprobleme weens reënval en gewasse wat begin uitloop, word die grootste deel van die oes steeds as in goeie toestand beskou.

Volgens markkenners sal somergraanpryse waarskynlik verder onder druk kom soos strooptyd vorder. Ook word die situasie rondom uitvoer na buurlande dopgehou, aangesien swak uitvoerprestasie pryse later in die seisoen verder kan laat daal.

OFM Agri cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.