On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Besoek Hinterland by NAMPO 2025

───   11:00 Wed, 14 May 2025

Sponsored11:00 Wed, 14 May 2025
Besoek Hinterland by NAMPO 2025 | News Article
Flippie Cloete foto: Verskaf

Hinterland benut NAMPO Oesdag as strategiese platform om nuwe markte te betree, verhoudings met produsente te versterk en klante-insette direk in hul produk- en diensaanbiedinge te integreer.

Volgens Flippie Cloete, waarnemende besturende direkteur van Hinterland, bied die ekspo ’n unieke geleentheid om met ’n wye spektrum van rolspelers in die landboubedryf in gesprek te tree.

“NAMPO trek produsente, verskaffers en besighede van regoor Suid-Afrika en selfs buurlande. Hier is mense ingestel op leer, verhoudings bou en die deel van inligting. Vir ons is dit ’n kans om kliënteterugvoer eerstehands te hoor en ons aanbod daarvolgens te verfyn.”

Hinterland gebruik die ekspo nie net om hul bestaande netwerk te bedien nie, maar ook om nuwe marksegmente te ondersoek. Volgens Cloete is kliënte se ervarings, vrae en selfs klagtes waardevol vir die verbetering van produkreekse en diensvlakke.

Hy sê Hinterland leer elke jaar iets nuuts by NAMPO – van veranderende kliëntebehoeftes en markdinamika tot tegnologiese innovasies en bemarkingstendense. “Selfs ons personeel wat nie elke dag met kliënte werk nie, word hier aan die breër bedryf blootgestel.”

’n Sleutelfokus vanjaar is Hinterland se aanlyn winkel, wat reeds meer as 11 000 produkte beskikbaar het – meer as wat in enige tak beskikbaar is. “Boere kan enige tyd van die dag of nag aankope doen en kies tussen aflewering of ’n click-and-collect opsie by hul plaaslike tak. Ons werk aan verdere uitbreiding van dié platform, met planne om selfs meer produkte en geriewe aan te bied.”

Hy nooi produsente uit om Hinterland se span tydens NAMPO te besoek om eerstehands te ervaar hoe die onderneming aanpas by die behoeftes van die moderne boer.

OFM Agri


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.