On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Hou Vrystaat bek-en-klouseer-vry, vra Vrystaat Landbou

───   13:33 Wed, 11 Jun 2025

Hou Vrystaat bek-en-klouseer-vry, vra Vrystaat Landbou  | News Article
Foto: Getty Images

Vrystaat Landbou (VL) het ’n dringende beroep op produsente en rolspelers gedoen om proaktief saam te werk om die Vrystaat bek-en-klouseer-vry (BKS ) te hou, ná die jongste uitbreking by die land se grootste voerkraal en ander gebiede.

Volgens Francois Wilken, president van VL, is dit nie meer aanvaarbaar om bloot na die staat te wys in die hantering van dié staatsbeheerde siekte nie. “Onderstepoort was eens ’n vooraanstaande laboratorium, maar nou moet ons entstowwe van Botswana invoer,” sê hy. Hy meen dat die wortel van die probleem aangespreek moet word, eerder as om slegs simptome te behandel.

Friedl von Maltitz, vise-president van VL, beklemtoon dat primêre produsente eerste en die ergste deur die impak van BKS getref word. “Finansiële verliese is soms onherstelbaar,” sê hy.

VL doen ’n beroep op produsente om beheer op grondvlak te herwin. “Begin by jouself, jou buurman, jou distrik. Kry georganiseerde beheer oor wat in en uit jou area beweeg,” sê Wilken. Hy waarsku teen die risiko wat spekulante inhou wat diere uit besmette gebiede na ‘skoon’ streke verkoop.

VL bepleit die gebruik van ID-Scan-tegnologie en AIMS-plaatjies, en versoek dat alle plase gratis op die RMIS-stelsel geregistreer word om biosekuriteit te versterk. ID-Scan het reeds ’n miljoen gratis registrasies beskikbaar gestel om produsente te help.

Volgens Wilken het voerkrale en veilingshuise die mag én verantwoordelikheid om marktoegang te beheer. “Hulle moet daarop aandring dat diere minstens 28 dae voor vervoer met ID-Scan geregistreer word. Só kan ons BKS effektief beveg,” sluit hy af.

OFM Agri cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.