On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Pluimveebedryf eis duidelikheid oor ‘ooreenkoms’, VSA-invoerkwota

───   07:49 Fri, 01 Aug 2025

Pluimveebedryf eis duidelikheid oor ‘ooreenkoms’, VSA-invoerkwota | News Article
Foto ter illustrasie: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf het sy kommer uitgespreek oor ’n verklaring waarin die minister van landbou verwys na ’n ooreenkoms met Amerika wat gesluit sou wees sonder dat die bedryf daarin geken is.

Minister Parks Tau het Dinsdag (29/7) die verklaring uitgereik hy Suid-Afrika se “verbintenis tot ’n handelsbesluit met Amerika” bevestig het.

In die verklaring verwys Tau na sogenaamde vordering in “landboumarktoegang deur die vereenvoudiging van Amerika se uitvoer van hoenders ingevolge die 2016-tariefkwota, wat na raming $91 miljoen se handel kan ontsluit”. Hy meld ook dat markte vir bloubessies moontlik ontsluit kan word, hangende bepaalde protokolle.

Volgens die pluimveebedryf is die verklaring vaag en bied dit geen duidelike uiteensetting van waarop in die onderhandelinge met Amerika ooreengekom is nie. Ondanks die groot impak wat die handel in hoender op plaaslike produsente het, is die bedryf geensins geraadpleeg nie.

Die bedryf het reeds op 16 Mei met Tau vergader en hom toe uitdruklik versoek om:

  • Vooraf met die bedryf te skakel voordat enige handelsverpligtinge aangegaan word.
  • Die tesourie te beveel om die Agoa-ooreenkoms ten volle toe te pas en die invoerkwota op hondervleis uit Amerika — wat van 65 000 ton tot 72 000 ton verhoog is — te herroep. Hierdie kwota maak VSA-invoere moontlik sonder teenstortingstariewe.

Tot dusver het die bedryf geen reaksie op enige van sy formele versoeke ontvang nie.‘


Terwyl Suid-Afrikaanse uitvoerders steeds min of geen toegang tot die Amerikaanse mark geniet, bly die invoerkwota van krag wat Amerikaanse uitvoerders bevoordeel, sonder enige duidelike wedersyds voordelige ooreenkomste.

Die bedryf sê hy verkeer steeds in die duister oor die inhoud en implikasies van die sogenaamde handelsooreenkoms, en eis daarom:

  1. Onmiddellike duidelikheid van Tau oor die inhoud van die 29 Julie-verklaring.
  2. Die dringende herroeping van die kwota vir die invoer van hoenders uit Amerika, wat plaaslike produsente ondermyn en nie langer regverdigbaar is sonder eerlike handelsvoorwaardes nie.

Die pluimveebedryf herhaal sy bereidwilligheid om op opbouende wyse met die departement van handel, nywerheid en mededinging saam te werk, en doen ’n beroep op die minister om in alle onderhandelinge wat die plaaslike sektore wesenlik raak, te hou by die beginsels van deursigtigheid en raadpleging.

OFM Agri/Verklaring cvs

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.