Agriculture
Steenhuisen beklemtoon vroue se rol in landbou tydens besoek aan Bloemfonteinse skool─── ISABEL VAN TONDER 05:30 Wed, 20 Aug 2025

Tydens die onlangse besoek van die minister van landbou, John Steenhuisen, aan die Dr Böhmer-vaardigheidskool in Bloemfontein het hy die waarde van vroue in landbou beklemtoon.
Die Dr. Böhmer-vaardigheidskool is ’n instansie waar landbou ernstig opgeneem word en waar landbouvaardighede daagliks verfyn word. Tydens die minister van landbou se onlangse besoek aan dié skool het hy genoem dat landbou die grootste werkgewer in die land is en dat daar talle geleenthede is vir vir jong mense en vroue.
Die skool se watersteweldansers en revueleerders het spesiaal vir die minister ’n dans gedoen om hulle vaardigheid daarmee te wys. Die minister is deur skoolpersoneel op ’n toer deur die skool vergesel wat aan hom die spesiale landbouprojekte gewys het, veral die hoenderboerdery.
Die departement van landbou het bygedra ten opsigte van die groentetonnels en ’n aaneenlopende borgskap van NUTRIFeeds het dit moontlik om die hoenderboerdery aan die gang te hou.
Die minister het NUTRIfeeds bedank vir hulle betrokkenheid by die skool en veral vir die tegniese advies wat hulle op gereelde basis aan die skool gee ten opsigte van die hoenderboerdery.
Daar is bykans 360 lêhenne in die hoenderboerdery, asook ander vertakkings soos groentetonnels, vrugtebome en ’n klein landery met groente. Daar word planne gemaak om uit te brei.
Minister Steenhuisen bekyk die hoenderboerdery van Dr Bohmer Vaardigheidskool. Foto verskaf
Tydens die besoek is daar klem gelê op biosekuriteit en al die besoekers moes die nodige voorsorg tref voordat hulle die hoenderboerdery besoek het.
Minister Steenhuisen het leerders se vrae beantwoord en hulle verseker daarvan indien hulle hard werk dat daar goeie geleenthede in landbou is en altyd sal wees vir hulle.
Groetetonnels en vrugtebome is deel van die landbouprojekte. Foto verskaf
Hy het veral klem daarop gelê dat groentetuine bydrae dat families nooit honger ly nie en gesê dat gemeenskappe moeite moet doen om groentetuine te vestig.
Die skool het die klaskamers en ander spesiale projekte waarmee die leerders tans besig is vir die minister gewys. Hierdie projekte sluit staalwerk in en die bou van veeldoelige spitbraaiers, kaggels en kindertuinstoele.
Die minister het hierna ander projekte in en rondom Bloemfontein besoek wat klem lê op vroue se rol in landbou.
OFM Agri/Isabel van Tonder mvh