On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Gevalle van bek-en-klouseer in Vrystaat neem toe

───   ISABEL VAN TONDER 17:30 Sat, 06 Sep 2025

Gevalle van bek-en-klouseer in Vrystaat neem toe  | News Article
Daar is nou meer gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat. Foto: Pexel.com

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling het bekend gemaak dat daar nou 17 bevestigde gevalle in die Vrystaat is.

Daar is onlangs nog nege bevestigde gevalle aangemeld wat tot die styging gelei het. Tot op hede is daar vier afsonderlike uitbrekings in plaaslike munisipaliteite. 

Daar is vyf gevalle in die Moqhaka-munisipaliteit (Kroonstad), sewe in die Moqhaka-munisipaliteit (Viljoenskroon), een in die Metsimaholo-munisipaliteit (Deneysville) en vier in die Mafube-munisipaliteit (Cornelia/Frankfort).

Inentings het onmiddellik begin om die virale lading te verminder en verdere verspreiding van die virus te beperk.

Inentings is belangrik om die voorkoms van bek-en-klouseer te beperk. Foto: Pexels.com

Twee gemeenskaplike weidingsgebiede is deur die huidige uitbrekings geraak. Hierdie gebiede skep bykomende uitdagings aangesien die beheer van beweging van ingeënte diere moeiliker is weens gesamentlike weidingspraktyke en die gebrek aan voldoende heinings. 

Hoewel inenting die risiko van verspreiding drasties verminder het, is dit nie heeltemal uitgeskakel nie. Effektiewe beheer vereis dus groter samewerking tussen boere, gemeenskapsleiers, munisipaliteite, die bedryf, gemeenskappe en veeartsenydienste om te verseker dat bewegingsbeperkings nagekom word.

Dit is ingestel op alle plase binne ’n radius van 10 km van die besmette plase. Die besmette plase is onder kwarantyn geplaas en alle plase binne hierdie radius is in kennis gestel sodat hulle as voorsorg kwarantyn kan toepas. 

‘Finansiële impak op boere word verhoog’

Die departement doen ’n beroep op boere, bedryfsvennote en alle rolspelers om saam te werk om die verspreiding van die siekte te stop. Dit sluit in die identifisering en voorkoming van enige onwettige beweging van diere uit gebiede en die onmiddellike aanmelding van alle vermoedelike gevalle.

Die finansiële impak op boere en die Vrystaat as geheel word verhoog deur voorsorgmaatreëls. Met deursigtigheid en samewerking kan die uitbreking voorkom en die veesektor en ekonomie beskerm word.

‘Beweging van gesplete hoefdiere beperk’

Soos uiteengesit in die Staatskoerant Nr.51512 van 13 Junie 2025 en die Wet op Dieresiektes (Wet 35 van 1984) word alle boere, afslaers en spekulante versoek om die beweging van gesplete hoefdiere te beperk.

Hulle moet ook biosekuriteitsmaatreels streng toepas, nuwe vee vir 28 dae in kwarantyn te hou voor hulle by bestaande kuddes gevoeg word, akkurate rekords te hou en enige vermoedelike gevalle onmiddelllik by die staatsveearts se kantoor te rapporteer.

OFM dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.