On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Eerste kleinhandel-akademie vir landbou in Bloemfontein gestig

───   06:00 Tue, 09 Sep 2025

Eerste kleinhandel-akademie vir landbou in Bloemfontein gestig | News Article
Foto ter illustrasie: Getty Images

’n Nuwe hoofstuk breek vir die kleinhandelbedryf in die landbou aan met die bekendstelling van die Peritum Agri-kleinhandelakademie – die eerste volledig geakkrediteerde opleidingsfasiliteit van sy soort in Suid-Afrika.

Volgens Belinda Louw, stigtersdirekteur van die Peritum Agri Institute, is die akademie ’n “eerste vir landbou Suid-Afrika” en beskik dit oor volle akkreditasie van die Raad vir Beroepsgerigte Onderrig.

“Ons doel is om volgens internasionale standaarde vaardige en passievolle kleinhandelaars te ontwikkel wat ’n betekenisvolle bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie kan lewer.”

Die akademie bied drie vlakke van kwalifikasies aan:

  • Vlak 1: Kleinhandeltoesighouer – gemik op internskappe en jong werknemers wat vinnig in die handelsomgewing ontwikkel.
  • Vlak 2: Kettingwinkelbestuurder – vir bestaande assistent- en winkelbestuurders.
  • Vlak 3: Senior winkelbestuurder – vir ervare bestuurders in die kleinhandel.

Benewens hierdie kwalifikasies word kort leerprogramme ontwerp wat spesifiek aangepas kan word volgens die behoeftes, kultuur en dinamika van maatskappye.

Louw beklemtoon kleinhandel in die landbou beslaan lankal nie meer slegs ’n plaaslike handelstak nie. “Op die platteland is daar toenemende mededinging met ander kleinhandelwinkels. Dit vra ’n fyn balans tussen mensebestuur, voorraad, prosesse, finansies, risiko en kliënteverhoudinge, saam met nuwe tegnologie.”

Die akademie werk in vennootskap met bedryfsleiers en kundiges om te verseker dat studente blootstelling kry aan die beste praktyke, sowel as toegang tot mentorskap.

Programme word deur gemengde leer aangebied – ’n kombinasie van klasonderrig, Teams-sessies en aanlyn modules.

OFM Agri ebk


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.