Agriculture
Erfenisdag met die plant van bome gevier─── ISABEL VAN TONDER 11:15 Wed, 24 Sep 2025

Die Vrystaatse LUR vir landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake, Elzabe Rockman, stuur die One Million Tree Initiative amptelik van stapel op Erfenisdag.
Die projek vorm deel van die Presidential Ten Million Trees Programme en die National Greening Initiative. Die doelwit is om oor die volgende vyf jaar ’n miljoen bome in die provinsie te plant.
September is ook Boomplantmaand. Vanjaar se tema, Woude en mense: Belê in ’n volhoubare toekoms, beklemtoon die uitdagings van klimaatsverandering, biodiversiteitsverlies en die noodsaak om volhoubare projekte vir huidige en toekomstige geslagte te skep.
1 000 bome in Mangaung geplant
Die inisiatief beloof om lug- en grondgehalte te verbeter, klimaatsverandering te bekamp deur koolstofdioksied te absorbeer en suurstof vry te stel, stedelike hitte en geraasbesoedeling te verminder en menslike gesondheid en welstand te bevorder.
As deel van vanjaar se aktiwiteite sal meer as 1 000 gemengde inheemse en vrugtebome in Bloemfontein en Bainsvlei in die Mangaung-munisipaliteit geplant word.
OFM Agri cvs