Agriculture
Trekker- en stroperverkope styg in September─── ISABEL VAN TONDER 12:42 Tue, 07 Oct 2025

Trekkerverkope in September is byna 15% meer as in die ooreenstemmende maand verlede jaar. Stroperverkope het met byna 17% gestyg.
Willie Human, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie, sê trekkerverkope het van 660 eenhede tot 758 gestyg. Sentiment in die mark bly positief met die Oesskattingskomitee wat goeie somergewasproduksie in die vooruitsig stel.
Die skattings vir wintergewasse met die uitsondering van gars, is marginal meer as verlede jaar. ’n Swak La Niña-effek kan die volgende paar maande die weervooruitsigte beïnvloed.
Trekkerverkope is 15% meer as verlede jaar. Foto: Pexels
Die weervooruitsigte behoort gunstige toestande te skep vir wintergewasse en somergewasaanplantings. Volgens huidige skattings sal trekkerverkope steeds tussen 10% en 15% meer wees as verkope verlede jaar en stroperverkope vir 2025 ook meer as verlede jaar.
• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of Whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.
OFM Agri/Isabel van Tonder dg