On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Ashmund
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

NAMPO Alfa bekroon wenners

───   ISABEL VAN TONDER 08:05 Sat, 18 Oct 2025

NAMPO Alfa bekroon wenners | News Article
Hennie Jonker is die wenner van Lamb Champs 2025. Foto: Isabel van Tonder

Die wenners in verskeie afdelings is Vrydagaand (17/10) op die Alfa-dinee aangewys. Die Lamb Champskampioen van 2025 is ook aangewys.

Die interraskampioene van sewe van die grootste skoue in die land is bymekaar gebring waar die room van genetika in die nasionale kampioenskap gekroon word. Dit word beskou as die grootste toekenning in die Suid-Afrikaanse skoubedryf.

Die Ou Mutual nasionale interraskompetisie is gehou en die Queen of Expo is van La Blanc Brahmane en die eienaars is Hans en Lize-Mari Terblanche. Die King of Expo is van La Cat Simmentaler en die eienaar is Poerie van Rooyen.


 Die kampioenbul in die junior interraskompetisie is van die Solomon Senekal Landbouskool met ’n Sussex bul. Die beoordelaars van al hierdie kompetisies is Hans Bester, hoofbeoordelaar, Mynhardt Goosen en Jimmy Roberts.

Die kompetisie vir die Mega-os is weer gewen deur Phillip Snyman met ’n wen-os van 1 625 kg. Daniel van Adel Simmentalers het die toekenning ontvang vir beste touleier en Hennie Jonger vir die beste kleinveeuitstalling. 


Een van die hoogtepunte was die aanwysing van die Lamb Champswenner vir 2025. Die kompetisie is die afgelope paar jaar gevestig as ’n belangrike skakel tussen die produsent en verbruiker met die fokus op die primêre produsent. 

Daar was vanjaar 100 deelnemers en die finaliste was van vier byeenkomste wat in Kimberley, Pretoria, Parys en die Paarl gehou is. 

Die King of Expo-wenner in die interraskompetisie. Foto: Elzette Boucher-Kruger

Die kategorieë sluit in ‘n op-die-hoefkompetisie van slaglammers, karkasbeoordeling, vleisgehaltebeoordeling en spitbraai. Die Lamb Champswenner is Hennie Jonker van die plaas Zorro naby Kroonstad wat boer met die Hampshire Downras. 

Hy sê die toekenning is die vrug van jare se geloof, harde werk en familie-eenheid en skaapboerdery is nie net ’n beroep nie, maar ‘n roeping.

Die Queen of Expo-wenner in die interraskompetisie. Foto: Elzette Boucher-Kruger

Die eerste Farm Skills nasionale kampioenskap is ook hierdie jaar deur NAMPO Alfa aangebied met die primêre doel om landbou onder die jeug te bevorder. Daar was 300 inskrywings van 16 skole landwyd.  Die Vrystaat is die wenner van die jeugskou, Noordwes is tweede en LImpopo derde. 

Ondanks uitdagings soos bek-en-klouseer het die organiseerders van NAMPO Alfa verskeie maatreëls getref om mens en dier te beskerm en was dit weereens ’n baie geslaagde ekspo wat vir groot opwinding gesorg het.

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za 

 OFM Agri/Isabel van Tonder dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.