Agriculture
Gevalle van bek-en-klouseer in Vrystaat neem toe─── ISABEL VAN TONDER 16:26 Sat, 08 Nov 2025
Daar is nou 74 bevestigde gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat.
In die omgewing van Viljoenskroon/Vredefort, Parys, Deneysville/Sasolburg, Bothaville en Edenville is agt nuwe gevalle geïdentifiseer. Die departement van landbou het die inenting van beeste in die gebiede geprioritiseer en nog entstowwe is bekom.
Bewegingsbeperkings is ingestel op alle plase binne ’n radius van 10 km van die besmette gebiede om verdere verspreiding te voorkom.
Gevalle per munisipaliteit
- Kroonstad: tien
- Viljoenskroon/Vredefort: 39
- Deneysville/Sasolburg: vier
- Cornelia/Frankfort: agt
- Heilbron: twee
- Odendaalsrus: een
- Parys: vyf
- Bothaville : twee
- Edenville: drie
In ooreenstemming met die aankondiging in die Staatskoerant Nr. 51512 van 13 Junie 2025 en die Dieresiektewet (Wet 35 van 1984) doen die departement ’n beroep op alle boere, afslaers en spekulante om die beweging van gehoefde diere te beperk, streng biosekuriteitsmaatreëls te volg, enige nuwe vee vir 28 dae te isoleer, akkuraat rekord te hou en enige verdagte gevalle onmiddellik aan die staatsveearts te rapporteer.

Gevalle van bek-en-klouseer kom al meer in die Vrystaat voor. Foto: Pexel
Die departement herinner boere ook daaraan die beweging van diere onder kwarantyn sonder die nodige dokumentasie is ’n misdaad.
Samewerking van almal in die veebedryf word ook gevra om die siekte en verspreiding te beperk.
• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

