On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

RPO streef daarna om produsente te ondersteun

───   ISABEL VAN TONDER 05:14 Fri, 19 Dec 2025

RPO streef daarna om produsente te ondersteun | News Article
RPO bly verbind daartoe om boere te bemagtig ten spyte van uitdagings. Foto: Pexel

Die rooivleissektor is ’n belangrike komponent van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Die rooivleissektor is ’n belangrike komponent van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Die rooivleisprodusente organisasie (RPO) en rooivleissektor het ’n uitdagende 2025 beleef. Die jaar het begin met lae produkpryse gedurende 2023-24 en het geëindig met die ergste bek-en-klouseer uitbreking wat in onlangse geskiedenis ervaar is.

RPO fokus op skep van bemagtigende omgewing 

Die RPO het gefokus op die skep van ’n bemagtigende omgewing vir produsente deur voorspraak, markinvloed en regulatoriese betrokkenheid.

Aktiewe deelname aan provinsiale vergaderings, die bestuur van dierebewegingspermitte asook die voorspraak vir die voortsetting van veilings speel by die RPO ’n belangrike rol.

Samewerking met breër bedryfsforums soos RMIS (Red Meat Industry Services) om druk op die regering uit te oefen, het ook plaasgevind. Gefasiliteerde vergaderings met Argentynse entstofvervaardigers oor bek-en-klou-entstowwe is ongelukkig bemoeilik aangesien BEK ’n staatsbeheerde siekte is.

Die RPO se betrokkenheid by meer as 100 geleenthede wat ander veesiektes soos slenkdalkoors, brusellose, hartwater en rooiwater ondersoek het, is inderdaad ook noemenswaardig.

Die RPO het 'n uitdagende jaar beleef. Foto: Pexel

Deur uit sy pad te gaan om veediefstal as prioriteitsmisdaad te bestry, het die RPO sy rol gevestig in veediefstalvoorkoming. ’n Nasionale klagteforum vir veediefstalverwante klagtes, waartydens 75 ondersoekbeamptes en 20 aanklaers opgelei is, is gestig. ’n Gevolg hiervan was dat ook onwettige mynbouaktiwiteite onder die loep gekom het.

Die opdatering van die veediefstalhandleiding het gelei tot waardevolle hoofstukke oor onwettige jag met honde.

Sinvolle samewerking met ander landbouorganisasies 

Sinvolle samewerking met ander georganiseerde landbouorganisasies soos AgriSA, TLU en Agbiz het ook gedurende die afgelope jaar plaasgevind.

Rooivleisinvoer is gemonitor, prysverslae en markdata is aan produsente vrygestel.

Dr. Frikkie Maré van die RPO bevestig dat die organisasie daartoe verbind bly om namens die rooivleissektor op te tree en ’n bemagtigende omgewing vir produsente te skep, ten spyte van beperkte hulpbronne en beduidende uitdagings. Rooivleisinvoer word deurentyd gemonitor en prysverslae en markdata word bekendgestel.

Deurlopende ondersteuning van produsente, handhawing van bedryfstandaarde en die aanspreek van kernuitdagings sal deurentyd ’n prioriteit bly.

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

OFM Agri/Isabel van Tonder

 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.