On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Bek-en-klouseer-gevalle in Vrystaat staan nou op meer as 220

───   ISABEL VAN TONDER 11:12 Tue, 27 Jan 2026

Bek-en-klouseer-gevalle in Vrystaat staan nou op meer as 220 | News Article
Bek-en-klou-gevalle is steeds aan die styg, met 223 bevestigde gevalle in die Vrystaat. Foto: Pexel

Die aantal bek-en-klouseer-gevalle in die Vrystaat staan nou op 223, sê die provinsiale departement van landbou en landelike ontwikkeling.

Altesaam 18 afsonderlike uitbrekingsgebiede is geïdentifiseer, wat strek oor elf plaaslike munisipaliteite. Die meeste gevalle, 50, is in Viljoenskroon/Vredefort, gevolg deur die 42 elk in Parys/Vredefort en Deneysville/Sasolburg.

Vrede/Memel en Cornelia/Frankfort/Villiers het elf gevalle elk, Kroonstad en Clocolan tien elk, en Reitz/Lindley agt. Ses gevalle is aangemeld in Edenville, vier elk in Bethlehem, Heilbron en Warden, en drie elk in Bothaville, Odendaalsrus/Welkom/Ventersburg, Qwa Qwa/Harrismith en Tweeling. Marquard en Senekal het een geval elk.

Die departement gee voorkeur aan inenting op besmette plase en het onmiddellik begin om virale lading en verspreiding te beperk. Bewegingsbeperkings is ingestel op alle plase binne 10 km van waar die uitbreking geïdentifiseer is. Besmette plase is onder kwarantyn geplaas.

Besmette plase word onder streng kwarantyn geplaas. Foto: Pexel

Die departement vra weer boere, nywerheidsvennote en alle belanghebbendes moet saamwerk om dié virussiekte te bekamp. Dit sluit in die identifisering en voorkoming van enige onwettige beweging van vee.

Kragtens Staatskoerant No. 51512 van 13 Junie 2025 en die Dieresiektewet (Wet 35 van 1984) word boere, afslaers en spekulante gemaan om die beweging van kloudiere te beperk, streng biosekerheidsmaatreëls na te kom, nuwe vee vir 28 dae in kwarantyn te hou en noukeurig boek te hou van alle vee.

Enige verdagte gevalle moet so gou moontlik by die staatsveearts aangemeld word.

Die departement benadruk dat die beweging van diere onder kwarantyn sonder die nodige dokumentasie ’n misdaad is en dat dié maatreëls lewensbelangrik is ter beskerming van die veebedryf.

Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

OFM Agri/Isabel van Tonder cvs


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.