On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
Show Background
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Streng BEK-maatreëls geld in Noord-Kaap

───   ISABEL VAN TONDER 10:49 Sat, 14 Feb 2026

Streng BEK-maatreëls geld in Noord-Kaap | News Article
Streng beheermaatreels geld in die Noord-Kaap om BEK te beperk. Foto: Pexel

Agri Noord-Kaap en die RPO Noord-Kaap het ’n spesiale vergadering gehou oor die huidige uitbreking van bek-en-klouseer (BEK) in dele van die provinsie.

Die vergadering is bygewoon deur die polisie, staatsveeartsenydienste, rampbestuur, Agri Noord-Kaap en RPO Noord-Kaap.

Die doel van die vergadering was om die huidige situasie te evalueer, beheermaatreëls te vestig en samewerking tussen rolspelers te verbeter om verspreiding te voorkom. 

Gebiede wat bespreek is, sluit in Hartswater en Kuruman (Francis Baard en JTG) In die stadium is daar net in Kuruman positiewe gevalle bevestig.

Alle dokumente en brandmerke moet in orde wees voordat enige vee vervoer kan word. Foto: Pexel

Alle rolspelers het die ernstige finansiële invloed van BEK op die rooivleis- en die wildsbedryf beklemtoon. Bewegingsbeperkings en markontwrigting hou ‘n beduidende risiko vir produsente en verwante bedrywe in.

Entstof is tans beskikbaar in die gebied, met verdere voorrade wat verwag word. Die goedgekeurde strategie behels ’n 10km-radius rondom die bevestigde brandpunt, inenting van buite na binne soos dit beskikbaar raak en streng handhawing van bewegingsbeperkings.

Verpligte dokumentasie tydens die vervoer van diere 

  • Art. 6 en 8 dokumente
  • Geldige dieregesondheidsertifikaat
  • Afskrif van brandmerksertifikaat
  • Alle diere moet korrek gemerk wees (DWS- brand of tatoeërmerk)
  • Die nie-nakoming van die toon van korrekte dokumente kan tot regsoptrede lei.

Biosekerheid moet ten strengste toegepas word, voertuie moet behoorlik ontsmet word by op-en aflaai, onnodige vervoer van vee moet beperk word en selfdissipline en verantwoordelike optrede word van produsente verwag.

Biosekerheid moet ten strengste nagevolg word in die bekamping van BEK. Foto: Pexel

Die polisie het hulle volle samewerking bevestig en onderneem om sigbaarheid en patrollies in gebiede te verhoog, vinniger te reageer op verdagte voertuie, samewerking met georganiseerde landbou te versterk, padblokkades te hou en aansoeke vir beheer van sekere grondpad-roetes te ondersoek.

Die polisie gebruik meer kamerastelsels en E2-strukture om verdagte voertuie te identifiseer.

Die situasie verg volgehoue samewerking, waaksa aheid en streng nakoming van alle maatreëls beklemtoon Agri Noord-Kaap.

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.


OFM Agri/Isabel van Tonder dg

g

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.