On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Verantwoordelike landbou, rentmeesterskap bly grondslag

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Tue, 03 Mar 2026

Verantwoordelike landbou, rentmeesterskap bly grondslag | News Article
Plaagbeheer is die kern van verantwoordelike rentmeesterskap. Foto: InteliGro

Rentmeesterskap in landbou strek verder as blote wetlike nakoming: Dit bly ’n professionele en morele verantwoordelikheid.

’n Onlangse uitspraak van die hooggeregshof in Kaapstad beteken produsente mag sekere beperkte landboumiddels aankoop en aanwend sonder om as plaagbeheeroperateurs (PCO’s) geregistreer te wees. “Dit plaas opnuut die kollig op verantwoordelikheid in die landbouwaardeketting,” sê Stefan van Dyk, nasionale verhoudingsbestuurder van InteliGro.

“Rentmeesterskap in landbou vereis ’n professionele verbintenis tot die beskerming van mense se waardigheid en lewens, waar veiligheid en verantwoordelikheid altyd prioriteit geniet bo finansiële oorwegings.

“Dit is ’n noodsaaklike herinnering in ’n wêreld waar gebrekkige toepassing van wetgewing, sowel as die onveilige hantering van gevaarlike stowwe, ernstige gevolge kan hê.”


Op 26 Februarie het die hooggeregshof beslis beperkte landboumiddels wat in die 2023-regulasies gelys is, is nie outomaties ingesluit by beperkte-gebruik-landboumiddels, waarna in die PCO-regulasies van 2011 verwys word nie. DIt is dus nie onderhewig aan regulatoriese beheer ingevolge die PCO-regulasies nie.

Produsente mag sekere van hierdie beperkte landboumiddels aankoop en aanwend sonder PCO-sertifisering, en verspreiders hoef nie ’n PCO-sertifikaat van produsente te vereis nie. Beperkte landboumiddels bly groep 1-, kategorie B-gevaarlike stowwe ingevolge Wet 15 van 1973 (Wet op gevaarlike stowwe) en moet steeds daarvolgens verkoop, gestoor en gebruik word.

Hoewel die PCO-vereiste tydelik verslap is, versoek CropLife South Africa sy lede om beperkte landboumiddels uitsluitlik aan bona fide-produsente te verkoop, wat verklaar dat hulle die risiko’s verstaan.

Stefan van Dyk, Nasionale verhoudingsbestuurder by InteliGro. Foto: Isabeau Media

InteliGro, as lid van CropLife SA en voorstander van goeie rentmeesterskap, ondersteun hierdie benadering. “Ons moedig produsente steeds aan om die PCO-kursus te voltooi en as PCO’s te registreer,” sê Van Dyk. “Intussen versoek ons dat elke produsent wat hierdie produkte aankoop, ‘n verklaring voltooi wat vir beheer- en ouditdoeleides op lêer gehou word.

“Baie lande waarheen Suid-Afrika uitvoer, stel reeds uiters streng invoervereistes wat in sommige gevalle selfs verder strek as plaaslike wetgewing.”

Persoonlike beskermende toerusting is byvoorbeeld nie net ’n formaliteit nie, voeg hy by, en verantwoordelike gebruik is nie onderhandelbaar nie. Opleiding bemagtig adviseurs in ’n sektor waar waningeligte besluite direkte gevolge het, kennis bly ’n kragtige instrument en verantwoordelikheid ’n nieonderhandelbare beginsel.

“Wetgewing kan verander, maar verantwoordelikheid bly konstant.”

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

OFM Agri/Isabel van Tonder sm


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.