Agriculture
‘Dis ’n groot eer’ – nuwe presidensiële gesant vir landbou, grondhervorming─── ELSABÉ RICHARD 10:36 Fri, 06 Mar 2026
Suid-Afrika se presidensiële gesant vir landbou en grondhervorming sê dit is vir hom ’n groot eer om in dié pos aangestel te word en hy sien daarna uit om die belangrike sektor verder te dien.
President Cyril Ramaphosa het Wandile Sihlobo, ’n gesoute landbou-ekonoom verbonde aan die Landbousakekamer van Suid-Afrika (Agbiz), aangestel om binnelandse én buitelandse groeigeleenthede vir landbou te bevorder en die sektor se uitdagings die hoof te help bied. Volgens die regering sal Sihlobo in dié rol die presidensie se oogmerke vir landbou, landelike ontwikkeling, grondhervorming en buitelandse handel ondersteun en nou saamwerk met die betrokke departemente om dié doelwitte te bevorder.
Sihlobo sê landbou en grondhervorming deurslaggewend vir Suid-Afrika se ekonomiese vooruitgang, maar terselfdertyd bly groter inklusiwiteit in die landbou-ekonomie nodig. Hoewel vordering gemaak is, bestaand beduidende geleenthede om verder te vorder.
Sihobo se aanstelling verwelkom
Die Fort Hare-universiteit in die Oos-Kaap vier Sihlobo se aanstelling en sê dit is ’n trotse oomblik én ’n herinnering die werk wat in die gange van dié 110 jaar oue instelling gedoen word, strek veel verder as die kampus en vorm leiers wat die land help bou. Sihlobo het in 2011 aan Fort Hare asftudeer met ’n B.Sc. in Landbouwetenskappe (Landbou-ekonomie).
Die minister van landbou maak op sy X-rekening melding van Sihlobo se bydrae tot die landbou. Sy aanstelling as landbou- en grondhervormingsgesant, is welverdiend, meen John Steenhuisen.
It gives me great pleasure to congratulate you on your appointment by President Ramaphosa as Presidential Envoy on Agriculture and Land. This is a richly deserved recognition of the contribution you have made over many years to South Africa’s agricultural policy debate. ???? https://t.co/h1Bb2HG4P5
— John Steenhuisen MP (@jsteenhuisen) February 23, 2026 ">
It gives me great pleasure to congratulate you on your appointment by President Ramaphosa as Presidential Envoy on Agriculture and Land. This is a richly deserved recognition of the contribution you have made over many years to South Africa’s agricultural policy debate. ???? https://t.co/h1Bb2HG4P5
— John Steenhuisen MP (@jsteenhuisen) February 23, 2026
Agbiz dra ook op sosiale media sy gelukwensinge oor aan sy hoofekonoom. “Hierdie welverdiende erkenning getuig van Wandile se voortgesette bydrae tot die vorming van Suid-Afrika se landboulandskap deur middel van denkleierskap, beleidsinsig en ’n diep verbintenis tot inklusiewe groei. Van sy rol by Agbiz tot akademie en nasionale adviesplatforms bevorder sy werk deurentyd gesprekke oor voedselsekerheid, grondhervorming en ekonomiese ontwikkeling.”
As gesant sal Sihlobo nou saamwerk met verskeie staatsinstellings, soos die Landbounavorsingsraad, Landbank en Onderstepoort- biologiese produkte, soos nodig, ter ondersteuning van landbouontwikkeling en groeigeleenthede.
• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.
OFM Agri/Elsabé Richard-May
