On Now
Weekends 09:00 - 13:00
The Central SA Top 40 Laurika
Show Background
NEXT: 13:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Yvette
Listen Live Streams

Agriculture

Gevalle van bek-en-klou woed steeds voort in Vrystaat

───   ISABEL VAN TONDER 09:32 Sat, 18 Apr 2026

Gevalle van bek-en-klou woed steeds voort  in Vrystaat | News Article
Bek-en-klou woed steeds voort in die Vrystaat. Foto: Wes Kaap Landbou

Die uitbreking van bek-en-klouseer styg steeds in die Vrystaat en daar is tans 443 bevestigde gevalle.

Daar is nuwe gevalle geïdentifiseer in die omgewing van Edenburg/Reddersburg (1), Viljoenskroon/Vredefort (4), Goudveld (1) en (24) in Qwa-Qwa/Harrismith. Die departement beskou die inenting van beeste in die betrokke gebiede as ’n prioriteit en bykomende entstowwe is bekom.

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling doen ’n beroep op boere om streng biosekuriteitsmaatreëls te handhaaf. Geen beweging van diere is toelaatbaar op plase binne ’n  radius van 10 km van die besmette gebiede om verdere verspreiding te voorkom.

Gevalle per munisipaliteit

  • Kroonstad: 21
  • Viljoenskroon/Vredefort: 73
  • Heilbron: nege
  • Edenville/Koppies: 14
  • Parys/Vredefort: 50
  • Deneysville/Sasolburg: 46
  • Villiers/Cornelia/Frankfort: 35
  • Bethlehem/Tweeling: 21
  • Reitz/Lindley: 20
  • Warden: 12
  • Vrede/Memel: 24
  • Qwa Qwa/Harrismith: 24
  • Odendaalsrus/Welkom/Ventersburg/Hennenman/Virginia: 17
  • Bothaville: sewe
  • Marquard/Senekal: 20
  • Clocolan:23
  • Ladybrand/Hobhouse: drie
  • Smithfield/Rouxville: drie
  • Edenburg/Reddersburg: sewe
  • Bloemfontein: een
  • Boshof/Bultfontein: vyf
  • Winburg: twee
  • Thaba Nchu: een

Die departement het op 25 Februarie 200 000 dosisse Biogéneses-entstof ontvang en op 12 Maart 195 000 dosisse Dollvet-entstof. Die entstof word versprei na vyf distrikte vir inenting. Altesaam 150 346 beeste is reeds met die entstowwe ingeënt. Alle entstof wat deur die staat toegedien word, is gratis.

Die entstof word versprei na vyf distrikte vir inenting  en 353 447 beeste is reeds ingeënt met Biogéneses en Dollvet se entstof. Nog entstof is op 15 April van Biogenesis Bago ontvang en inenting is die volgende dag voortgesit. 

Biosekuriteitsmaatreëls moet streng gevolg word. Foto: Pexels

In ooreenstemming met die Staatskoerant Nr. 51512 van 13 Junie 2025 en die Dieresiektewet (Wet 35 van 1984) doen die departement ’n beroep op alle boere, afslaers en spekulante om die beweging van gehoefde diere te beperk.

Volg streng biosekuriteitsmaatreëls en enige nuwe vee moet vir 28 dae in afsondering gehou word.  Hou rekord van jou vee en meld enige verdagte gevalle onmiddellik aan by die staatsveearts.

Aansoeke word ingewag en heelwat aansoeke is ontvang. Landbouers word daaraan herinner dat alle aansoeke moontlik nie sal slaag met die eerste ronde van inentings en strategie nie. Aansoeke word egter aangemoedig om toekomstige hoeveelhede van die entstowwe te bepaal.

Daar is reeds 353 447 beeste in die Vrystaat ingeënt Foto: Pexels

Gevalle van bek-en-klouseer wat nie gerapporteer word nie, is ’n groot bekommernis vir die departement. As gevalle nie aangemeld word nie, veroorsaak dit probleme met die beplanning en voorsiening van entstof aan die besmette gebied en kan dit daartoe lei dat te min entstof daaraan toegewys word.

Boere moet ook onthou die beweging van diere onder kwarantyn sonder die nodige dokumentasie is ’n misdaad. Die departement vra boere en belanghebbendes om saam te werk in die bekamping en verspreiding van die siekte. 

OFM Agri/Isabel van Tonder dg

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.