On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Agriculture

Bek-en-klouseer hou Vrystaat stewig in sy greep

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Sun, 10 May 2026

Bek-en-klouseer hou Vrystaat stewig in sy greep | News Article
Daar is nou 473 gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat. Foto: Vrystaat Landbou

Bek-en-klouseer neem steeds toe in die Vrystaat en 473 bevestigde gevalle is reeds aangemeld.

Daar is  22 nuwe gevalle geïdentifiseer in Kroonstad (twee), Viljoenskroon/Vredefort (een), Edenville/Koppies (twee), Frankfort/Cornelia/Villiers (twee), Reitz/Lindley/Tweeling /Petrus Steyn (vier), Warden (een), Vrede/Memel (drie), Qwa Qwa/Harrismith (drie), Bothaville/Wesselsbron (twee), Dewetsdorp (twee). 

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling prioritiseer inenting in die gebiede en nog entstowwe is bekom. Die aantal bevestigde gevalle beloop reeds 473 met uitbrekings in 19 munisipaliteite.

Die departement vra streng biosekuriteitsmaatreëls moet gehandhaaf word. Foto: Landbou Wes-Kaap

Diere mag nie vervoer word binne ’n radius van 10 km van die plase waar daar ’n uitbreking van bek-en-klouseer is nie.

Gevalle per munisipaliteit

  • Kroonstad: 24
  • Viljoenskroon/Vredefort: 74
  • Heilbron: nege
  • Edenville/Koppies: 16
  • Parys/Vredefort: 50
  • Deneysville/Sasolburg: 46
  • Villiers/Cornelia/Frankfort: 37
  • Bethlehem:15
  • Reitz/Lindley/Tweeling/Petrus Steyn: 30
  • Warden: 13
  • Vrede/Memel: 27
  • Qwa Qwa/Harrismith: 27
  • Goudveld: 17
  • Bothaville/Wesselsbron: 9
  • Marquard/Senekal: 20
  • Clocolan:23
  • Ladybrand/Hobhouse: drie
  • Smithfield/Rouxville: drie
  • Edenburg/Reddersburg: sewe
  • Bloemfontein/Soutpan: twee
  • Boshof/Bultfontein: vyf
  • Dewetsdorp: vier
  • Jacobsdal: een
  • Bultfontein: sewe
  • Winburg: drie
  • Thaba Nchu: een

Minstens 462 404 beeste van die nasionale kudde is reeds ingeënt met entstowwe van Biogéneses en Dollvet. 

Landbouers word daaraan herinner dat alle aansoeke moontlik nie sal slaag met die eerste ronde van inentings en strategie nie. Aansoeke word egter aangemoedig om toekomstige hoeveelhede van die entstowwe te bepaal.

In ooreenstemming met die Staatskoerant Nr. 51512 van 13 Junie 2025 en die Dieresiektewet (Wet 35 van 1984) doen die departement ’n beroep op alle boere, afslaers en spekulante om die beweging van gehoefde diere te beperk.
Enige nuwe vee moet vir 28 dae in afsondering gehou word. 

Alle gevalle van bek-en-klouseer moet aangemeld word. Foto: Pexels 

Boere moet ook onthou die beweging van diere onder kwarantyn sonder die nodige dokumentasie is ’n misdaad. Die departement vra boere en belanghebbendes om saam te werk in die bekamping en verspreiding van die siekte.

OFM Agri/Isabel van Tonder dg

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.