On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Agriculture

Gevalle van bek-en-klouseer in Vrystaat styg steeds

───   ISABEL VAN TONDER 21:22 Sat, 16 May 2026

Gevalle van bek-en-klouseer in Vrystaat styg steeds | News Article
Daar is nou 589 bevestigde gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat. Foto's: Pexels

Sowat 589 bevestigde gevalle van bek-en-klouseer is in die Vrystaat aangemeld.

Minstens 116 nuwe gevalle is geïdentifiseer in die omgewings van Kroonstad (13), Heilbron (18), Sasolburg (15), Frankfort (37), Bethlehem (13), Qwa Qwa (een), Welkom (17), Bloemfontein (een), Boshof (een). 

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling het die inenting van dié beeste geprioritiseer en bykomende entstowwe is bekom. Die aantal bevestigde gevalle kom voor in 19 munisipaliteite.

Bewegingsbeperkings is ingestel om verdere verspreiding te voorkom. Foto: Landbou Wes-Kaap

Die departement doen ‘n beroep op landbouers om streng biosekuriteitsmaatreëlste handhaaf. Geen diere binne ’n radius van 10 km van die besmette gemiede mag vervoer word nie. 

Gevalle per munisipaliteit

  • Kroonstad: 111
  • Heilbron: 93
  • Sasolburg: 61
  • Frankfort: 47
  • Bethlehem: 58
  • Warden: 40
  • Qwa Qwa: 28
  • Welkom: 43
  • Ladybrand: 46
  • Smithfield: sewe
  • Fauresmith: agt
  • Bloemfontein: drie
  • Thaba Nchu: een
  • Bultfontein: tien
  • Boshof: ses

Die skielike styging in getalle is omdat die departement nou aangemelde gevalle en kliniese gediagnoseerde vee aandui.

Minstens 513 167 beeste van die nasionale kudde is reeds met die entstowwe van Biogeneses en Dollvet ingeënt. Alle entstof wat deur die staat toegedien word, is gratis.

In ooreenstemming met die Staatskoerant Nr. 51512 van 13 Junie 2025 en die Dieresiektewet (Wet 35 van 1984) doen die departement ’n beroep op alle boere, afslaers en spekulante om die beweging van gehoefde diere te beperk.

Volg streng biosekuriteitsmaatreëls en enige nuwe vee moet vir 28 dae in afsondering gehou word.  Hou rekord van jou vee en meld enige verdagte gevalle onmiddellik aan by die staatsveearts.

Bek-en-klouseer se inentings deur die staat is gratis. Foto: Pexels

Gevalle van bek-en-klouseer wat nie gerapporteer word nie, is ’n groot bekommernis vir die departement. As gevalle nie aangemeld word nie, veroorsaak dit probleme met die beplanning en voorsiening van entstof aan die besmette gebied en kan dit daartoe lei dat te min entstof daaraan toegewys word.

Boere moet ook onthou die beweging van diere onder kwarantyn sonder die nodige dokumentasie is ’n misdaad. Die departement vra boere en belanghebbendes om saam te werk in die bekamping en verspreiding van die siekte.

OFM Agri/Isabel van Tonder dg

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.