On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Steeds meer gevalle van bek-en-klouseer in Vrystaat aangemeld

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Thu, 04 Jun 2026

Steeds meer gevalle van bek-en-klouseer in Vrystaat aangemeld | News Article
Daar is tans 604 gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat aangemeld. Foto: Facebook

Die Vrystaat bly in die greep van bek-en-klouseer en gevalle neem steeds toe. Daar is tans 604 bevestigde gevalle.

Elf nuwe gevalle is geïdentifiseer by Bethlehem (7), Boshof (3) en Bloemfontein (1). Die departement het die inenting van beeste in die betrokke gebiede as ’n prioriteit gestel en bykomende entstowwe is bekom. 

Die geval bevestigde gevalle tans beloop reeds 473 met bevestigde uitbrekings in 19 munisipaliteite. Die departement vra landbouers moet streng biosekerheidsmaatreëls handhaaf.

Altesaam 609 915 beeste van die nasionale kudde is reeds ingeënt. Foto: Vrystaat Landbou

Bewegingsbeperkings is ingestel op alle plase binne ’n 10 km-radius van die besmette gebiede om verdere verspreiding te voorkom.

Die bestaande gevalle in die Vrystaat is:

  • Kroonstad: 111
  • Heilbron: 93
  • Sasolburg: 61
  • Frankfort: 74
  • Bethlehem: 64
  • Warden: 40
  • Qwa Qwa: 28
  • Welkom: 43
  • Ladybrand: 46
  • Smithfield: 7
  • Fauresmith: 8
  • Bloemfontein: 4
  • Thaba Nchu: 4
  • Bultfontein: 10
  • Boshof: 10

Altesaam 609 915 beeste is landwyd met die Biogénesis- en Dollvet-entstof ingeënt. Talle aansoeke vir entstof is ontvang.

Alle aansoeke sal tydens die eerste rondte van inenting goedgekeur word. Alle entstof wat deur die staat toegedien word, is gratis.

Alle vermoedelike gevalle van bek-en-klouseer moet by die staatsveearts aangemeld word. Foto: Pexel.com

Luidens die Staatskoerant Nr. 51512 van 13 Junie 2025 en die Dieresiektewet (Wet 35 van 1984) doen die departement ’n beroep op alle boere, afslaers en spekulante om die beweging van gehoefde diere te beperk. Hulle moet streng biosekerheidsmaatreëls volg, enige nuwe vee 28 dae afsonder, noukeurig rekord hou en enige verdagte gevalle onmiddellik by die staatsveearts aanmeld.

Aansoeke word ingewag en heelwat aansoeke is ontvang. Landbouers word daaraan herinner dat alle aansoeke moontlik nie sal slaag met die eerste rondte van inentings en strategie nie. Aansoeke word egter aangemoedig in ’n poging om toekomstige hoeveelhede van die entstowwe te bepaal.

Gevalle van bek-en-klouseer wat nie aangemeld word nie, is ’n groot bekommernis vir die departement. Dit veroorsaak probleme met die beplanning en verskaffing van entstof in die besmette gebiede en mag veroorsaak dat te min entstof vir ’n spesifieke gebied toegeken word.

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling herinner boere ook daaraan dat die beweging van diere onder kwarantyn sonder die nodige dokumentasie ’n misdaad is. Die departement vra volle samewerking van die veebedryf om die siekte en verspreiding te beperk.

OFM Agri/Isabel van Tonder sm

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.