On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Gesprekke gevra om inmaakbedryf te beskerm

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Wed, 12 Aug 2026

Gesprekke gevra om inmaakbedryf te beskerm | News Article
Duisende permanente en seisoenale werkgeleenthede is afhanklik van die Premier-aanleg op Tulbagh. Foto: RV Travel

Verskeie rolspelers, onder andere Agri SA, Agri Wes-Kaap en die Inmaakvrugteprodusentevereniging (IVP), vra om dringend met die Premier-groep te beraadslaag oor sy planne om die inmaak van sagtevrugte in sy Tulbagh-aanleg te staak.

“Die prioriteit moet wees om alle partye om die tafel te kry terwyl daar steeds ’n geleentheid is om die streek se produksievermoë te beskerm,” sê Johann Kotzé, Agri SA se uitvoerende hoof.  Jaarliks word nagenoeg 55 000 tot 60 000 ton vrugte verwerk in dié fabriek en word ongeveer R300 miljoen se produkte van boere aangekoop.

Duisende permanente en seisoenale werkgeleenthede is afhanklik van die aanleg en die breër waardeketting van ongeveer 200 produsente en boorde van ongeveer 2 000 hektaar.

Dit gaan nie bloot oor een fabriek nie, sê Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap.

Jaarliks word nagenoeg 55 000 tot 60 000 ton vrugte verwerk Foto: Mashed

“Dit gaan oor boere wat oor dekades heen belê het, werkers en gemeenskappe wie se lewensbestaan van hierdie waardeketting afhanklik is, en produktiewe landboukapasiteit wat nie maklik herskep kan word wanneer dit eers verlore is nie.”

Volgens Strydom word die handelswerklikhede erken, maar voordat onomkeerbare besluite geneem word, moet alle geloofwaardige alternatiewe behoorlik ondersoek word.

“Ons versoek is eenvoudig: Kom bestaande verpligtinge na, behou die geleentheid vir onderhandeling en gun die partye die nodige tyd en ruimte om ‘n werkbare oplossing te vind,”

Onsekerhede hou ingrypende gevolge in vir alle afhanklikes van die streek se vrugtebedryf. Foto: Facebook

Jacques Jordaan, uitvoerende hoof van die IVP, sê sekerheid is nodig oor bestaande kontraktuele reëlings en langtermynbeleggings. “Produksiebesluite word geneem op grond van verpligtinge wat verder as ‘n enkele seisoen strek.”

Onsekerhede hou ingrypende gevolge vir boerdery-ondernemings en gemeenskappe in, veral omdat hulle afhanklik is van dié bedryf.

Volgens die organisasies is daar steeds ‘n geleentheid vir die sakewêreld, regering, produsente, potensiële beleggers en die arbeidsmag om saam te werk aan ‘n volhoubare toekoms.

“Ons wil opbouend in gesprek tree met Premier en enige ander party wat tot ‘n volhoubare oplossing kan bydra. 

“Terselfdertyd moet produsente se kontraktuele regte en regmatige belange gerespekteer word,” sê Jordaan.

OFM Agri/Isabel van Tonder cvs

 • Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.