Agriculture
Pannar-suksesverhaal: Pannar en Johan Swan: Saam boer hulle vir sukses─── 10:34 Wed, 23 Sep 2026
Sponsored10:34 Wed, 23 Sep 2026
Sukses in boerdery gebeur nie oornag nie. Dit word oor generasies gebou deur ervaring, deeglike bestuur, slim hulpbronbenutting en besluite waarop ’n produsent se toekoms rus.
Dit is ’n storie wat Johan Swan goed ken. Hy is ’n derde-generasie boer op Willowdene naby Barkly-Wes in die Noord-Kaap, waar hy onder uitdagende besproeiingstoestande boer en steeds konsekwent sterk mielie-opbrengste behaal.
’n Belangrike deel van Johan se benadering is die gebruik van bewese genetika wat by sy boerdery en omstandighede pas. Daarom maak Pannar® deel uit van sy suksesstorie.
Pannar Saad is ’n voorloper-saadverskaffer in Afrika en bied produsente ’n gefokusde portefeulje van toppresterende mielie-, sonneblom-, sojaboon- en graansorghumkultivars. Pannar se benadering kombineer wetenskaplike vooruitgang en agronomiese kennis van plaaslike toestande met respek vir die ervaring en kundigheid wat produsente na die land bring.
Gedurende Pannar se Suksesstorie-week op OFM deel Johan meer oor sy lewe as derde-generasie boer, die uitdagings van boerdery in die Barkly-Wes-omgewing, die Pannar-basters wat vir hom goeie resultate lewer en die waarde van ondersteuning wanneer belangrike boerderybesluite geneem word.
Pannar – saam boer ons vir jou toekoms.
