On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Feel Good Friday - Oekraïense onderneming maak 'polistireen' van sampioene

───   15:10 Fri, 09 Jun 2023

Feel Good Friday - Oekraïense onderneming maak 'polistireen' van sampioene | News Article
Uitstalbeeld: positive.news

Egpaar vlug uit Oekraïne en behaal sukses met hul unieke alternatief vir polistireen.

Toe Julia Bialetsja en haar man, Eugene Tomilin, op ’n wêreldreis besluit het, het Bali in 2016 aanvanklik na die paradys gelyk.

“Ons was op ons branderplanke en skielik was die strand en see vol plastiek,” sê sy.
“Die beeld van al die plastiek bly in my geheue omdat dit so verwoestend was.”
Dit was dié oomblik wat die biochemikus van Oekraïne besef het dat sy iets aan weggooiplastiek wil doen. Sy het saam met ’n instituut in Kijif begin eksperimenteer om ’n materiaal te kweek wat gegrond is op die sterkte van afvalvesels, wat hulle saam met miselium 'gegom' het. Dit is die netwerk van swamdrade waaruit sampioene groei.

Die resultaat is ’n natuurlike plaasvervanger vir die verpakking polistireen.  In 2016 is 6,6 miljoen metrieke ton polistireen vervaardig. Bialetsja en Tomilin se maatskappy, S.Lab, het reeds ’n suksesvolle proefneming vir die skoonheidsmaatskappy L'Oréal gedoen. Samsung en Sony oorweeg dit ook nou vir hul verpakking van televisiestelle.
"Dit is 100% bioafbreekbaar en kan later vir kompos gebruik word," sê Bialetsja. Gewone polistireen kan honderde jare neem om af te breek, terwyl hul produkte binne 30 dae heeltemal afbreek.

“Ons het ’n jaar voor die oorlog op klein skaal met produksie begin. Ons het klante in Oekraïne gehad en baie mediablootstelling,” sê Bialetsja. “Die oorlog het ons skielik getref en ons het wakker geword met ontploffings om ons.”

Lees ook: Weird Wide Web - Toiletpapier kos $1,3 miljoen danksy goudvlokkies

Hulle het hul werk laat vaar en per motor na Hongarye en Italië gevlug voordat hulle vir vier weke na Kopenhagen, Denemarke, gegaan het. Hier het hulle soos ander Oekraïense beginondernemings die geleentheid gekry om elders hul ondernemings te vestig.

“Ons het die toerusting in April verlede jaar van Oekraïne na Spanje met ’n minibus verskuif.”
Hierna het sukses gevolg toe hulle die Green Alley-toekenning met ’n prysgeld van €25 000 gewen het.

Lees ook: What's on the menu - Beetsop

Regter Martin Wright een van die beoordelaars sê hulle het gevoel hierdie maatskappy sal werklik die meeste baat by die toekenning. "Uitgebreide polistireen as 'n verpakkingsmateriaal is absoluut briljant: dit is hoekom dit so gewild is, want dit werk," sê hy.

’S.Lab bespaar ook baie water want vir elke kilogram materiaal wat vervaardig word, word minder as twee liter water gebruik.

Lees ook: Vrystaat Arts Festival back in winter where it belongs!

"Ons ontwikkel ons eie tegnologie om volhoubare verpakking op ’n nywerheidskaal te vervaardig," sê Bialetsja.

Lees meer hier: https://www.positive.news/economics/polystyrene-made-from-mushrooms/

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.