Click on the warning image to view this post
Offbeat
Weird Wide Web – Larwes maak Amerikaner se lewe hel─── 15:21 Mon, 26 Feb 2024
Hulle was te groot en hy moes hulle een vir een uit die man se neus verwyder.
‘n Man van die Amerikaanse deelstaat Florida haal weer makliker asem nadat 150 lewendige larwes uit sy neus verwyder is. Die man, wat anoniem wil bly, is vroeër vandeesmaand in die hospitaal opgeneem, omdat dit gevoel het of sy hele gesig brand. First Coast News in Jacksonville berig hy het die eerste keer in Oktober sleg begin voel maar dit het stelselmatig erger geword.
“My gesig en lippe het binne ’n paar uur begin swel en ek kon skaars praat,” het hy aan dié koerant gesê. Sy neus het ook maklik begin bloei. Dr. David Carlson, 'n oor-, neus- en keelspesialis by die HCA Florida-gedenkhospitaal in Jacksonville, het hom ondersoek. Hy was geskok toe hy met die kamera in die man se neus kyk. Daar was dosyne larwes wat besig was om te vreet in sy neus- en sinusholtes.
Hy is by die HCA Florida-gedenkhospitaal in Jacksonville, het hom ondersoek.
Lees ook: Ware liefde die grootste Valentynsgeskenk
“Ek het besef hy is in groot moeilikheid want daar was verwering aan die onderkant van sy skedel baie naby aan sy oog en sy brein. As hulle nog langer daar was kon dit sy dood veroorsaak het,”sê hy.
Aanvanklik het die dokter probeer om die larwes met toerusting te probeer uitsuig, maar hulle was te groot en hy moes hulle een vir een uit die man se neus verwyder.
Dit is nog onbekend watse soort larwes dit was, maar die man sal ten volle herstel. Daar word vermoed hy het die larwes ingekry omdat hy nie goeie higiëne gehandhaaf het wanneer hy met dooie visse werk nie.