Offbeat
Weird Wide Web: Oordosis jellie-gommetjies laat Brit in hospitaal beland─── 15:15 Wed, 15 Oct 2025

’n Britse man het in die noodeenheid beland nadat hy iets gedoen het wat jy net van ’n kind sou verwag.
Nathan Rimington (33), ’n vragmotorbestuurder van Yorkshire, het sy liefde vir gommetjies na ’n heel nuwe vlak geneem. Hy het ’n 3 kg-sak Haribo Cola Jelly van Amazon bestel – en die heel sak van altesaam 10 461 kalorieë in net drie dae verslind.
Die gevolg? Erge maagpyn, sweet, hoë bloeddruk, en ’n besoek aan die noodafdeling.
Dokters het aanvanklik voedselvergiftiging oorweeg, maar verdere toetse het ’n oormaat gelatien in sy spysverteringstelsel aan die lig gebring, wat gelei het tot akute divertikulitis. Sy dikderm het letterlik in opstand gekom.
Nathan het ses dae in intensiewe sorg op ’n drip deurgebring, maar gelukkig het hy ten volle herstel. Die les van die storie? Selfs gomgoed kan soms terugveg.
Lees meer cvs