On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Skynrobotte infiltreer Iran se tegnologie-ekspo

───   15:17 Tue, 09 Dec 2025

Weird Wide Web – Skynrobotte infiltreer Iran se tegnologie-ekspo | News Article

Iran se robotika-industrie het per ongeluk meemmateriaal geword toe ’n paar “hominoïede robotte” al die tyd mense in kostuums was.

Die twee – ’n man en ’n vrou – het by die Kish Inox Tech Expo opgedaag in silwer pakke vol binêre kode (nulle en ene). Hulle het probeer voorgee hulle is gevorderde KI-robotte, maar HD-video’s het hulle onmiddellik uitgevang: jy kon velmerke sien, hulle oë het geknip, hulle het asemgehaal en hulle “robotbewegings” was opvallend ongemaklik.

In een video stel die vrou haarself voor as Miss Data en beweer sy sy leef in “blokkettingspasie” en dat sy en haar manlike maat “’n dataversameling is wat saamwerk in ’n gedeelde datakode”. Klink presies soos iets wat ’n mens sou uitdink as jy gou-gou robot wil speel. 

Volgens die webwerf Zoomit het Hossein Afshin, ’n senior tegnologiebeampte, vinnig verduidelik dat die “robotte” niks met die regering of die ekspo se organiseerders te doen het nie. Dit was bloot ’n private maatskappy se advertensiegedoente.

“Een van die maatskappye het dit vir hul eie bemarking gedoen,” het hy gesê. “Hulle moet die verantwoordelikheid dra.”

Skynrobotte by ekspo’s is nie nuut nie, maar China se weergawe ’n paar jaar gelede was veel oortuigender en selfs die berugte “robotkelnerin” het meer soos ’n masjien gelyk as dié twee. Die internet is eens: hierdie “twee mense het op pad Comic-Con toe verdwaal”.

Lees meer mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.