On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Kan sekere slangbloed help met gewigsverlies?

───   15:37 Mon, 06 Apr 2026

Weird Wide Web: Kan sekere slangbloed help met gewigsverlies? | News Article

Wetenskaplikes glo ’n molekule wat in luislangbloed voorkom, kan help om ’n nuwe generasie gewigsverliesbehandelings te skep – sonder die onaangename newe-effekte van bestaande middels.

Luislange is bekend vir hul uiterste eetgewoontes. Hulle kan enorme prooi op een slag insluk … en dan maande, selfs jare, sonder kos oorleef, terwyl hulle steeds hul spiermassa behou.  

Nou dink navorsers hulle het ontdek hoe. ’n Studie gelei deur die Universiteit van Colorado (Boulder) en gepubliseer in Nature Metabolism het ’n molekule geïdentifiseer wat lyk asof dit honger-seine na die brein afskakel.

Ná voeding produseer luislange ’n verbinding genaamd pTOS – en tydens vertering kan die vlakke daarvan met tot 1 000 keer toeneem.  Toe wetenskaplikes dit op muise getoets het, het dit hul eetlus verminder en gewigsverlies veroorsaak; sonder spierverlies of naarheid.

Lees ook: Feel Good Friday: Ouderdom is net ’n nommer vir hierdie krieket-oumas

Kenners sê dit is ’n uitstekende voorbeeld van hoe die natuur as inspirasie vir mediese vooruitgang kan dien.  Huidige gewigsverliesmiddels soos Ozempic, Wegovy, en Mounjaro is effektief – maar nie perfek nie. Tot die helfte van die pasiënte hou binne ’n jaar op om dit te gebruik weens newe-effekte, en in sommige gevalle kan tot ’n derde van die gewigsverlies uit spiermassa kom.

Wetenskaplikes hoop dat luislang-geïnspireerde behandelings ’n sagter, meer gebalanseerde alternatief kan bied. Die molekule lyk of dit op die hipotalamus werk – die deel van die brein wat honger beheer. Interessant genoeg kom dit ook by mense voor, maar in baie klein hoeveelhede.

Lees ook: Odeion String Quartet celebrates 35 years of collaboration

Navorsers sê die bestudering van uiterste biologie – soos dié van luislange – kan nuwe deure oopmaak vir hoe metabolisme en gewigsbeheer verstaan word. Om die navorsing verder te neem het wetenskaplikes reeds ’n onderneming genaamd Arkana Therapeutics gestig om die ontdekking in praktiese behandelings te omskep. En die moontlikhede stop nie by gewigsverlies nie.

Omdat luislange hul spiermassa kan behou tydens lang vasperiodes, kan hierdie navorsing ook help om ouderdomsverwante spierverlies by mense te beveg. Soos kenners sê – daar is nog baie om te ontdek.

Lees meer sm

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.