On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

OFM Nights

‘Own It!’ Episode 4: Vernon Barnard

───   20:00 Thu, 23 May 2019

‘Own It!’ Episode 4: Vernon Barnard | News Article
Vernon Barnard

Gedurende Meimaand het ons al kennis gemaak met ’n hele rits interessante, inspirerende Suid-Afrikaners. Vanaand was sanger, Vernon Barnard aan die beurt. Onthou, Own It, is elke Donderdagaand om 19:35 op OFM Nights.


Vernon Barnard is gebore op 08/09/1993  Strand en is blind a.g.v 'n oogkondisie (gloukoom). Hy was sy hele skoolloopbaan in Pionierskool (vir Blindes) te Worcester, was hoofseun en matrikuleer in 2012. Hy word 2012 en 2014 gekies vir die SA Blinde krieketspan.

In 2016 neem hy deel aan "The Voice SA S1, sing "Story of my life" deur One Direction en dring deur tot die finaal.

Sy Youtube-video het "viral" gegaan en bereik amper 20M kyke.

Sy enkelsnit "I like it that way" is in 2017 vrygestel, was genomineer vir 2 OFM Golden Note toekennings en word gekies as wenner Nasionale lied van die jaar.

Die enkelsnit "Daai liedjie" was 2017 genomineer vir 3 Bokkie toekennings en 2018 vir Tempo Huisgenoot.

Sy album "Deur jou oë" , uitgereik in 2018, word genomineer vir 2 Ghoema toekennings en 'n SAMA in 2019.

In 2016 sing hy die Volkslied tydens SA en Ierland se wedstryd en tree ook op by die SA Krieket- toekenningsaand.

Vanaf 1-5/5/2017

was hy genooi om in Hong-Kong op te tree.

As sanger/ motiverings-spreker tree hy by enige funksie op.

Vernon is 'n avonturier en geen uitdaging is vir hom te groot nie. In 2018 klim hy Tafelberg uit!

Volg hom op Facebook en sien ook hoe om hom te bespreek vir 'n funksie. Kyk sy jongste musiekvideo hier.

Onthou as jy 'n vraag vir enige van ons 'Own It' bydraers het, stuur 'n e-pos aan ownit@ofm.co.za.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.