On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

OFM Nights

Erik Kruger debuteer jongste boek, 'Dangerous'

───   18:02 Mon, 09 May 2022

Erik Kruger debuteer jongste boek, 'Dangerous' | News Article
Skrywer Erik Kruger

OFM Nights se Renaldo Schwarp gesels met Erik Kruger, internasionale spreker en die skrywer van die nuwe lewensveranderende boek, DANGEROUS.

Hierdie boek se tydsberekening kon nie beter wees nie, veral met die aanslae en uitdagings wat Suid-Afrikaners tans beleef.

LEES OOK: Max du Preez en ander skrywers verken die waarheid met nuwe TV-reeks

Die realiteit van die lewe is dat jy nie van bedreigings kan ontsnap nie; bedreigings vir jou besigheid, jou verhoudings, jou potensiaal en jou gesondheid. Trouens word alles wat jy liefhet bedreig. Die vraag is, wat gaan jy daaromtrent doen? 

"Hoe jy jouself leer om op dreigemente te reageer, bepaal die verloop van jou lewe. As jy kragloos, energieloos en willoos reageer, sal jy heel waarskynlik op ’n bekende plek beland – oorlewingsmodus," sê Erik Kruger, skrywer van DANGEROUS, waaroor almal tans praat.

 

In DANGEROUS, wat nou in gedrukte en digitale formaat beskikbaar is, verduidelik Erik die verskil tussen diegene wat gevaarlik en diegene wat skadeloos is, asook hoe dit gebeur dat ons onskadelik en oneffektief raak teen die bedreigings wat ons in die gesig staar, en sodoende – teruggetrokke en broos – in oorlewingsmodus beland. Hy verduidelik die drie verskillende toestande waarin jy op enige tydstip kan bestaan: onskadelik, gevaarlik of roekeloos.

Klik hier om meer oor die boek en Erik se ander projekte te lees.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.