On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

OFM Nights

Akteur Francois Jacobs deel sy soeke na liefde met TV-kykers

───   10:53 Thu, 05 May 2022

Akteur Francois Jacobs deel sy soeke na liefde met TV-kykers | News Article

OFM Nights se Renaldo Schwarp gesels met akteur en aanbieder Francois Jacobs oor sy soeke na liefde op die kykNET-program, "Op my eish!"

Die nuwe seisoen van Op my eish! op kykNET (DStv-kanaal 144) het so paar weke gelede afgeskop en kykers sal vir dertien weke toekyk hoe die sjarmante Francois Jacobs na liefde soek. Die groot vraag is natuurlik: Gaan hy dit kry?

LEES OOK: Francois van Coke - "Dit raak beter as jy ouer raak"

Die dames gaan uitvind presies hoe avontuurlustig Francois is, met ‘n verskeidenheid van aktiwiteite, insluitende kanovaarte, motorfietsritte en rekspronge van ’n brug af wat beplan word. Tussendeur gaan daar genoeg tyd wees vir hom om alleentyd met elk van die dames te spandeer.

 

Dit is egter nie net maanskyn en rose om na liefde te soek nie – Francois moet deurgaans die moeilike besluit maak van watter dame hy volgende huis toe moet stuur. Gelukkig is Francois se wingman, die akteur en komediant Schalk Bezuidenhout, die hele tyd daar om hom deur die proses by te staan.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.