OFM Nights
‘Own It!’ Episode 13: Vernon Barnard─── 20:00 Thu, 25 Jul 2019
Op vanaand se episode van ‘Own It’ – blinde sanger Vernon Barnard gesels oor selfliefde en hoe om jou groot drome te verwesenlik…
Vernon Barnard is gebore met gloukoom, 'n oogtoestand wat hom ná 16 oogoperasies, om sy sig te probeer red, blind gelaat het . Om te sing en ander te motiveer, is sy passie, gevolg deur sy liefde vir sport, veral krieket. Sy groot deurbraak het gekom in die vorm van MNet se The Voice SA-kompetisie. Na die finale ronde van The Voice SA, het Vernon 'n kontrak met Universal Music gesluit.
Jy kan kontak maak met Vernon op sy Facebook-blad.
Onthou,as jy ‘n vraag vir enige van ons ‘Own It’ gassprekers het, kan jy dit per e-posstuur na ownit@ofm.co.za. VolgendeDonderdag is voormalige Mej Dowe SA, Vicki Fourie, weer aan die beurt.
