On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

OFM Nights

Klanktoets - Margot met "Tydelike Afleiding"

───   19:21 Thu, 02 Jul 2020

Klanktoets - Margot met "Tydelike Afleiding"  | News Article

Elke nou en dan kom ‘n spesiale kunstenaar wat jou asem wegslaan, bedoel is om 'n ster te wees met 'n unieke stem en boonop goeie musiek kan skryf. Met Margot het hierdie unieke talent sy opwagting gemaak.


Margot het al verskyn en opgetree saam met van Suid-Afrika se grootste musieksterre soos Jack Parrow en Loki Rothman. Sy het ook groot opskudding gemaak toe sy haar weergawe van Toe Vind Ek Jou– die temalied van Fiela Se Kind, bekendgestel het. Dit was toe net 'n kwessie van tyd wat sy 'n gunsteling geword het in die huise van Suid-Afrika.

Margot se eerste oorspronklike enkelsnit, Tydelike Afleiding beoog om een van die grootste treffers te wees in 2020. Die lied is intiem en hoop vir inspirasie virelke gebreekte hart waarmee die jonger gehoor kan vereenselwig. Die produksiegehalte en unieke klank sorg dat Margot haar eie plekkie in die musiekbedryf uitkerf.




Haar innerlike skoonheid en waardigheid sal jou inpalm en seker maak jy kry die ware boodskap en storie wat sy vertel – eerlike lirieke en 'n internasionale klank sal die jonger jeug se aandag prikkel.

Tydelike Afleiding is die perfekte bekendstelling wat Margot in die kollig sal plaas en die gehoor laat opstaan om kennis te neem van wat op pad is.


Podcasts

Luister hier >>>:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.