On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

OFM Nights

Klanktoets - Jan Blohm gesels "Jenny"

───   16:39 Wed, 05 Aug 2020

Klanktoets - Jan Blohm gesels "Jenny" | News Article

Jan Blohm, se konsep-album, JENNY, wat uit veertien snitte bestaan is pas bekendgestel.


Dit vertel die storie van twee tieners wat in die 1980’s in die klein konserwatiewe spoorwegdorpie, De Aar, woon. Dit is die eerste keer wat hy so ’n projek aanpak, maar volgens hom is dit iets wat al lank in sy kop broei en eendag die klankbaan van sy fliek met dieselfde naam gaan wees.

“Die album is nie net nog ’n versameling liedjies nie,” verduidelik die kunstenaar. “Ek het baie moeite gedoen om oor die afgelope vyftienjaar liedjies en gedigte saam te sit om ’n storie te vertel. Dis soos ’n fliek van Jenny se lewe.”  

Jenny, was die eerste enkelsnit wat vanaf die album vrygestel is en die doel daarmee was om die album en sy hoofkarakters aan die luisteraarbekend te stel.  Dié liedjie pronk steeds op verskeie radiotreffersparades.   

Die tweede enkelsnit wat pas vrygestel is, Karoo, skep die omgewing en lê klem op die landskap wat deur hierdie mense se are vloeien dit vir hulle moeilik maak om elders aan te pas. Dis ’n lied oor Jenny se eie hunkering om terug by die huis te wees.   In hierdie lied deel hy die volgende hoofstuk in Jenny se verhaal en kry hy dit reg om luisteraars verlief te maak op die besonderse landskap...al was hulle dalk nog nooit daar nie.  

Die musiekvideo van, Karoo, wat in een dag op De Doorns, Touwsrivier, Karoo 1 Hotel verfilm is, is beeldskoon en mense besef nie regtig hoemooi die landskappe, kranse en berg is totdat jy na hierdie video kyk en na die sanger met sy rou emosionele stem luister nie.  



Die video is geskiet en vervaardig deur Lionel Smit Side Film Productions met kamera werk deur Ruan Kotze, terwyl die hommeltuig deur Nic van der Westhuizenhanteer is met ondersteuning deur assistant Andrew Milton en fotografie deur Coetzer Cooke. 

Alhoewel hy bekendheid verwerf het vir sy kenmerkende rock-blues klank, het Soul-musiek nog altyd ’n groot invloed op die musikant se styl gehad enhierdie element is duidelik in Karoo – asook die res van die album – teenwoordig. “Ek het vir hierdie album baie inspirasie geput uit Suid-Amerikaanse koormusiek en die werk van verskeie Soul-kunstenaars,” erken die sanger.   

Omdat konsep-albums geneig is om op ’n sentrale tema te fokus – in hierdie geval Jenny se storie – hoop Jan dat mense die album van begin tot eindesal luister. “Ek hoop luisteraars geniet dit. Die meeste mense hou van stories en hierdie is ’n liefdesverhaal wat met ’n hele album vertel word.” 

Volgens hom, gaan die album oor liefde en die idee dat dit nooit sterf nie en jou altyd weer sal vind. “Die boodskap is eenvoudig. Ons het nie veelmeer nodig as liefde en menslike konneksie nie.”  

Jenny volg in die suksesvolle voetspore van Die Liefde Album, wat baie goed ontvang is, talle Ghoema-toekennings gewen en verskeieradio-treffers opgelewer het.


Podcasts

Luister hier >>>:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.