On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

OFM Nights

Klanktoets - Len Muller gesels "Toevlug"

───   20:20 Wed, 19 Aug 2020

Klanktoets - Len Muller gesels "Toevlug"  | News Article

Hier volg Len Muller se enkelsnit, TOEVLUG. Hierdie liedjie, wat deur Len en Stella (Christelle Combrink) geskryf is laat jou hart warm klop en bring hoop vir die toekoms deur die inspirerende lirieke van die lied.


Die lied gaan oor die toevlug en heenkome wat die Skepper vir ons almal wil wees. Wanneer dinge moeilik gaan, of heelwat uitdagings kom oor jou pad, wil die lied jou bemoedig om nie te hardloop na tydelike verligting op aarde nie, maar na die Een wat jou hart geskep het, want dáár alleen sal jy rus en beskerming vind.  Die lied is vir my spesiaal, omdat ek die voorreg gehad het om saam met my tien jaar lange vriendin, Stella, vir die eerste keer te kan saamsing.  Die lied het my ook persoonlik deur baie moeilike tye gehelp,” vertel Len oor die besonderse lied.

 

Die musiekvideo van TOEVLUG, is vervaardig deur Lens Flare Productions en die regie en kamerawerk is deur Jannes de Villiers behartig. Marike Steenkamp van Common Ground Collective het die redigering gedoen.Raldo Mattheüs is die tjello-speler.“Beeldmateriaal is van my geskiet in my motorhuis wat ons in ‘n studio omskep het. Stella se beeldmateriaal is op haar plaas in Carolina geskiet. Daar is ook dele in die Kaapskiereiland geskiet,” verklap Len oor die video.

 


 

TOEVLUG vorm ook deel van sy opkomende album wat tans in die afrondingsfase is en later hierdie jaar vrygestel sal word.

 

Sedert Len sewe jaar gelede met sy solo-loopbaan begin het, was daar voorwaar baie hoogtepunte op sy pad. Hy het nie net die geleentheid gekry om saam met groot name soos Stef Bos te werk nie, maar ook om sy eie kortspeelplaat uit te reik met akoestiese verwerkings van sy bekendste liedjies.

 

Verder was by ook bevoorreg genoeg om die verhoog met groot name soos Joshua na die Reën, Kaleidoskoop, Musiek Soos Grond, Francois van Coke, Straatligkinders, Jan Blohm, Bok van Blerk, Chris Chameleon, Jak de Priester, Andriëtte Norman en Dan Patlansky te deel en homself as liedjieskrywer te vestig.

 

Len het einde 2019 na die Kaap verhuis en voel hy bevoorreg om elke dag op sy branderplank af te skop. Buiten vir sy nuwe album, het hy onlangs ’n nuwe agentskap begin wat ander kunstenaars bestuur, soos Juan Boucher en Danie du Toit (Reënwolf). Hy is ook besig om liedjies vir Caroline Grace en Kurt Darren te skryf. Die kunstenaar is ook lid van die musiekbeweging, Musiek Soos Grond, saam met Joshua na die Reën, Kaleidoskoop, Leon Gropp, Lizandra Winter en Liani Reynolds,wat in 2019 gestig is.

 

TOEVLUG stel nie net sy vaardighede as liedjieskrywer en musikant behoorlik ten toon nie, maar nooi jou ook uit om spontaan saam te sing en met nuwe oë na jou lewe te kyk. “Gedurende die storms wat ons nou beleef met die pandemie hoop ek die lied kan klomp mense bemoedig en resoneer in die harte van mense wat hoop sal kweek,” sê hy.

 


Podcasts

Luister hier >>>:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.