On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

OFM Nights

Soundcheck - Rubber Duc 'The Fall"

───   20:16 Wed, 26 Aug 2020

Soundcheck - Rubber Duc 'The Fall"  | News Article

THE FALL gaan, volgens hoofsanger Nick Jordaan, oor verlief raak en die opofferinge wat jy bereid is om vir die liefde te maak.


“Dit gaan oor die eerste keer wat iemand regtig verlief raak en diep gevoelens vir iemand anders ontwikkel. Oor die opofferinge wat jy bereid is om vir die ander persoon te maak om daardie liefde te laat groei. Disbasies die tipe liefdesverhaal wat almal wens waar sal word.”  

Die enkelsnit, wat deur Nick geskryf en deur Brendan Campbell by Muse Studios vervaardig is, is geïnspireerdeur ’n vorige liefde en die gedagte aan dit wat kon gewees het. “Ek dink ’n mens het altyd iemand in gedagte wanneer jy ’n liedjie skryf,” erken Nick. “Die liedjie het ’n spesiale plek in my hart, omdat dit gaan oor iets wat ek eerstehands ervaarhet. Dis iets wat ek hoop ander mense ook kan voel en ondersoek.” 



Die groep glo dat luisteraars op twee vlakke sal aanklank vind by die tema van die snit, wat Nick sesielvolle stem en Rubber Duc se kenmerkende klank perfek kombineer; dit sal hulle óf nostalgies laat terugverlang óf laat uitsien na so ’n tipe liefde.    

“As die liedjie iets spesiaal kan beteken vir iemand, al is dit net een persoon, is ons werk gedoen,”sê die hoofsanger. “Ons het in die verlede al so baie terugvoer gehad van mense wat meen dat ons musiek hulle deur moeilike tye gehelp het. Dit is hoekom ons doen wat ons doen.”  

Alhoewel byna alles op ys geplaas is vir die res van die jaar – insluitend Rubber Duc se oorspronklikeplanne – het die groep aanhou werk; al was dit aan die begin in afsondering.  “Ons is bly om uiteindelik terug te wees in die ateljee om musiek op te neem waaroor ons  mal is en wat aanhangers hopelik sal geniet. Ons het nog baie planne vir die res van diejaar en sien uit na 2021!”  

Rubber Duc, wat in Maart 2014 hulle debuut in die plaaslike mark gemaak het, bestaan uit Nick Jordaan (hoofsanger),Brendan Campbell (hoofkitaarspeler), Amiel Gopal (baskitaarspeler), Kabelo Morake (saksofoon) en Nicholas McCreadie (dromspeler). Sedertdien het hierdie multi-kulturele groep, met hulle unieke musiek, diep in Suid-Afrikaanse harte kom kruip. Hulle debuut-album,The Secret Sunrise, is in September 2016 vrygestel.  

So, wat wil Rubber Duc in die volgende jaar of wat bereik? Amiel Gopal sluit af: “Ons doelwit vir 2020 is dat dit die jaar moet wees waaraanons harder werk aan ons internasionale agenda. Dit sal lekker wees om nog ’n paar nommer-een-treffers uit te reik en om ons musiek na internasionale radiostasies te versprei. Ons het nog so baie planne en sien uit na wat volgende voorlê. Die plan is om so gouas moontlik weer te begin toer, ons vlerke te sprei en nuwe geleenthede te ondersoek... en natuurlik om elke oomblik daarvan te geniet!” 



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.