OFM Nights
'Ouma Weet Mos' terug op die kassie─── 18:08 Wed, 21 Jul 2021

Die gesegde lui dat met die grysheid kom die wysheid! Dis beslis die geval met dié drie oumas.
'Ouma Weet Mos' is 'n werklikheidsprogram op VIA TV waarin 'n trio dinamiese oumas hul kollektiewe wysheid inspan om ander 'n hupstoot te gee.
LEES OOK: Christo Davids vertel meer oor 'Spoorloos: Steynhof'
In elke episode staan die drie oumas, Adri Vivier, Adri Strooh, en June Fisher reg met antwoorde op alledaagse lewensvrae. Verhouding op die rotse? Loopbaan in ’n groef? Vra die oumas, want hulle weet mos – en hulle draai nie doekies om nie!
OFM Nights se Renaldo Schwarp het na die afloop van die eerste episode van die tweede seisoen met die trio gesels. Luister na die potgooi hieronder.
'Ouma Weet Mos' terug op die kassie: